Mathilda is fine
Na al die bekommernis die afgelope 2 weke is Mathilda nou besig om te herstel. Dankie vir almal se goeie wense, sy het geluister.
Welkom by my cybertuiste!
Na al die bekommernis die afgelope 2 weke is Mathilda nou besig om te herstel. Dankie vir almal se goeie wense, sy het geluister.
‘n Mathilda update en ander dinge
‘n
Die afgelope 3 dae by die huis het Mathilda die wêreld se goed gedoen. Dinsdag kon sy skaars opstaan maar teen vandag het sy self begin eet en spandeer meer tyd wakker en aan die rondloop as wat sy in die bed lê. Sy het ook vandag haar opvolg afspraak by die spesialis gehad en haar ALT telling is af na 6000. Nog steeds geweldig hoog, maar die afname van 16 000 af wys haar lewer is besig om te herstel. Sy is nou op ‘n spesiale diëet en drink baie pille, maar daar is hoop. Vanaand ‘n week terug het die veearts gereken sy het dit gehad, maar nou lyk dit of sy dit gaan maak. Die donker randjie om die silwer wolk is dat ons nog steeds nie die lewerselresultate het wat sal wys of haar lewerprobleem omkeerbaar is nie.
Ons vat dit maar dag vir dag met Mathilda. Haar lewer ensiem telling is af van 16000 na 8000 (normaal: 10-20) maar sy is baie swak, maar nie in pyn nie. Môre kry ons haar lewersel resultate wat hopelik gaan wys wat gaan daar aan. Vanaand slaap sy by die huis – hulle kan regtig niks vir haar doen by die hospitaal nie.
Gister het ons goeie advies gekry om Mathilda na ‘n spesialis te neem vir ‘n ultrascan. Sy is sedertdien by die spesialishospitaal waar ons haar elke dag kan besoek. More vat ons Pablo saam om vir haar te gaan kuier. Haar lewer is nog steeds die groot probleem en wil nog nie saamwerk nie. Sy bly eet, wat ‘n baie goeie teken is, maar sy is baie swak. Die spesialis reken haar lewerprobleem was ‘n tydbom wat deur iets getrigger is. Nou moet ons haar daardeur kry.
Dit het Dinsdagnag begin. Mathilda was rustelooos en het in die nag na die verste hioekie van die tuin gegaan om weg te kruip. Ane het my 3 uur die oggend wakker gemaak om Mathilda te help soek, waar ek haar daar gekry het. Sy het die heel eerste afspraak van die oggend by die vee arts gehad wat haar dadelik in die dierehospitaal opgeneem het en op ‘n drip gesit het.
Later in die dag het ons uitgevind haar lewer ensiem telling is abnormaal hoog. Vanaand het die veearts laat weet dat ons die ergste moet verwag.
Natuurlik hoop ek dat Mathilda nog nie al haar lewens opgebruik het nie, maar hierdie keer lyk dit baie ernstig. En mens wonder onwillekeurig oor baie dinge, wat elke keer daarna terugkeer of jy nalatig was om na haar te kyk. Ek kan nie dink aan iets wat ons oorgesien het nie. Dit is waarskynlik gif wat haar lewer laat ingee, en ons laat nie gif rondle by die huis nie. Het iemand dit oor die muur gegooi? Ons sal seker nooit weet nie.
Mathilda, ons spitsgesiggie, ek dink aan jou waar jyvanaand in die dierehospitaal le. Byt vas.
Aandagspan
Sokker uiteindelik verby
Rekenaaronderhoud ens
WordPress 3.0 Upgrade vir GoDaddy users:
1. Back your WordPress directory AND your MySQL database. (search for how to do this or use a plugin). Do not delete anything!
2. Login to your GoDaddy account and on the left side menu bar under My Products click on Hosting -> Manage Account (for blog host account) -> Databases -> MySQL.
3. Create a new database and make sure you select MySQL Version 5.0. Write down your password!!!
4. Once the database has been configured, click on the pencil to the right to view the details.
5. Using FTP, retrieve your wp-config.php from the root directory of your WP installation. Using the information from step 4, update this file with the new database information, including the new server adress! (DB_HOST which you will find under Description)
6. Upload the new wp-config.php to your WP root directory.
7. Login in to your new 5.0 database and import the file created when you backed your database in step 1.
8. Go to your blog and it should load fine. Now you can log in to your blog and run the upgrade to WP 2.9.