TERUG NA WWW.CYBERSAKKIE.CO.ZA


Stan Fanaroff & Associates

107 Oxford Road
Rosebank
Johannesburg

Telefoon: +27 11 880 2091
Faks: 086 630 8166
E-pos:
edeheus@fanlaw.co.za

 

** 1. Bondige profiel

Sedert 1 Februarie 2005 is ek in diens van Stan Fanaroff & Associates te Rosebank, Johannesburg

Ek kan jou help met die volgende regsdienste:

Huweliksvoorwaardekontrakte;
Koopkontrakte vir huise;
Registrasie van eiendomsoordragte;
Opstel van testamente;
Instel en verdediging van siviele eise;
Regsadvies.

** 2. Kliëntebasis

My kliëntebasis sluit in:

Old Mutual
Nedbank
U S Robotics Corporation
DaimlerChrysler Services
Privaat kliënte

** 3. Meer oor Etienne de Heus

Studentedae
Ek het in 1993 aan die Universiteit van Stellenbosch die B Comm (regte) graad behaal, en in 1995 die LL B graad. Die hoogtepunt van hierdie tyd was die "FORUM", ons regsfakulteit se koerant waarvan ek die redakteur was.
Artikels
Vroeg in 1996 het ek as kandidaat-prokureur begin by werk by Couzyns. Soos enige klerk sal getuig, is dit nie die maklikste tyd in jou lewe nie, maar die ondervinding wat jy opdoen is van onskatbare waarde. In hierdie periode het ek ook die Aktevervaardigingseksamen geskryf, en in Februarie 1998 is ek toegelaat as prokureur en transportbesorger.
Professionele Assistent
Ek spesialiseer in siviele litigasie in die Landdroshof en Hooggeregshof. Dit sluit egskeidings, skuldinvordering en verteenwoordiging by arbeidsgeskille vir beide werkgewers en werknemers in.
Ek kan jou ook bystaan met die opstel van 'n verskeidenheid van kontrakte, huweliksvoorwaardekontrakte, oordrag van eiendom en indiening van jou eis by die Padongelukfonds; om net enkele aangeleenthede te noem.
 
Notaris
 
Ek is in Januarie 2000 as Notaris toegelaat.
 
Direkteur
 
Maart 2000 tot Januarie 2005

Stan Fanaroff & Associates

Assosiaat vanaf 1 Februarie 2005

 

** 4. Kontak

Bel my gerus in kantoorure by (011) 880-2091, of stuur e-pos na:
edeheus@global.co.za