Washington DC


"And this willful ignorance [of the rest of the world] on the part of the nation's citizens finds its logical counterpart in the embarrassing lack of sophistication shown by the people we elect to political office."
-
Jim Rogers (Adventure Capitalist, 2003)

WASHINGTON DC

Ané het hier 'n groot openbaring gemaak. Die Amerikaners sal nooit genoeg kry van oorlog nie. Hulle hou daarvan. Daar is memorials vir die WW II, Vietnam, Korea en vele ander. In die Arlington Cemetary kry jy 'n wit kruis as jy êrens in jou lewe in aktiewe diens was. En ook as jou pendeltuig nie 'n veilige landing kon maak nie. Kennedy en sy familie se graf is óók 'n memorial en die mees besoekte plek in die begrafplaas.

Die Mall is reusagtig. Dis nou waar die memorials en die Smithsonian museums is met die Capitol op die een punt, Washington Memorial in die middel en die Lincoln memorial op die ander punt.

My hoogtepunt was die begeleide toer deur die Capitol en die kykie in die Supreme Court wat net daaragter was. Voor 9/11 kon enigiemand net in die Capitol instap op 'n self guided toer, maar nou is die sekuriteit waterdig en mag jy glad nie van die toergroep afdwaal nie. Al die Amerikaanse state behalwe twee het elk twee standbeelde bygedra tot die Capitol se indrukwekkende uitstalling. Die standbeelde word geroteer en net omtrent 30 is op permanente uitstaling in die ou senaat.

Die Rough Guide Washington het baie goeie restaurant aanbevelings en ons kon een aand in 'n Griekse restaurant eet wat baie quaint was.

Uiteindelik kon mens egter nie anders as om tot die gevolgtrekking te kom dat kreatiwiteit doodgegaan het in Washington. Daar word van almal verwag om volgens miljuisende reëls te leef. In New York City kon jy op die subway eet, koffie drink, kitaar speel, dromme speel, sing, eintlik maar enigiets. In Washington is daar oral opvallende kennisgewings dat jy niks van bogenoemde mag doen nie. Die verskoning vir die eetverbod is dat krummels kakkerlakke lok. Ek het nie een kakkerlak op die NYC subway gesien nie, en die volume voetganger verkeer is eksponensieel hoër daar.

 

 


Teken my besoekersboek Guestbook by GuestWorld Lees my besoekersboek