Vooraf
"One thing that
never ceases to sadden me ... is how little most Americans know
about the rest of the world, or worse, even care to know."
- Jim Rogers (Adventure Capitalist, 2003)
VOORAF
Dit het alles 'n jaar terug begin die dag voor Kersfees 2003. Ek het vir Ané gesê 2004 is die jaar waarin ons die VSA gaan besoek en ons het dadelik by Hyde Park se Exclusive Books begin kyk na travel boeke.
Die eerste groot stap met 'n oorsese reis is om die beste vliegtuigkaartjies te kry. Ons kans het gekom in Augustus met 'n KLM spesiale aanbod na New York City. Die datum was vasgestel: ons sou by die Newark lughawe land op Saterdag 4 Desember 2004 en weer terugvlieg op Dinsdag 28 Desember 2004.
In retrospeksie het die besluit om ook binnelands in Amerika met die vleigtuig te reis voordele en nadele gehad. Dit is sonder twyfel die vinnigste, maar mens word ook die meeste blootgestel aan die Amerikaanse post 9/11 paranoia. Buitelandse besoekers word met die grootste agterdog bejeën deur die lughawe polisie en ons is op 6 agtereenvolgende binnelandse vlugte uitgesonder saam met die ander internasionale paspoorthouers vir "full body searches". Dit word natuurlik voorafgegaan met die polisieman se mededeling: "You have been randomly selected by the airline for a full body search". Wie dink hulle flous hulle? Of het random se woordeboekbetekenis intussen verander...
Die wisselkoerse het onvoorspelbaar op en af beweeg voor ons gegaan het en ons US dollar aankope was gedoen teen 'n gemiddeld van R6,52. Met ons aankoms in die VSA het die dollar so verswak dat die wisselkoers konstant tussen R5,60 en R5, 80 was. Natuurlik het ons dus ons groot aankope eerder dmv VISA gedoen! En die Amerikaners het nog nie VAT ontdek nie. Dit was redelik onverwags toe die belasting bykom met die aankoop van my jas by Burlington Coat Factory. Kredietkaaraankope word met pen op 'n touch screen geteken en nie op die strokie nie.
Sover dit die weer aanbetref het ons niks gehad om oor te kla nie, inteendeel, behalwe vir 'n paar verrassings, soos New Orleans waar dit die eerste keer in 50 jaar op Kersdag gesneeu het! Die koudste was in Washington: die temperatuur so tussen 1 en 4 grade celsius. Bitterlik koud. In my dag des lewens was ek nie blyer vir my serp en jas nie...
DIE AMERIKANERS
Hulle het die kuns vervolmaak om gemaklik en gerieflik te leef. Drive-thru is aan die orde van die dag: van internet (wireless) en apteke tot dry cleaning. Om nie eers te praat van die fast food eetplekke nie. As die winkels nie tot 10/12 uur in die nag oop is nie, is baie plekke selfs 24 uur soos die Walgreens apteke. En by Walgreens kan jy drank, sigarette, kos, klere, elektroniese goedere en medisyne kry.
Die karre is groot. Rêrig groot. Probeer 'n Hummer vir size, of as jy bietjie kleiner wil gaan ten minste 'n double cab bakkie. In meer as 3 weke het ek nie 'n enkele Clio gesien nie, ook geen Reanaults nie. Die mense ry Amerikaans of Honda.
Ons is oral vriendelik ontvang en vir hulpvaardigheid het NYC en Washington uitgestaan. Nêrens het enigiemand 'n kans gevat met verkeerde kleingeld.
Maar met al 99 kanale wat ons in New Orleans kon opvang was daar bittermin behalwe die nuuskanale wat die moeite werd was om te kyk.
KOS EN RESTAURANTE
Starbucks het vir my uitgestaan. Wireless internet in elkeen, maak nie saak waar nie. En regte koffie. Baie welkom in New Orleans waar hulle glo sigorei is koffie. Dalk omdat mense nie eintlik koffie drink nie, maar eerder bourbon...
Mens kry die gevoel dat die kos by fast food restaurante so steriel is dat jy nie eens kan siek word daarvan nie. Die tipies mall het seker meer as 20 eetplekke in die food court met al die groot franchises soos MacDonalds, Taco Bell ens. As jy gaskoeldrank koop kry jy 'n 600 ml glas en jy kan unlimited refills hê.
Sou jy by 'n aansit restaurant eet kan jy verwag om heel eerste 'n glas yswater te kry wat heeltyd volgehou word. As jy koffie bestel is dit as 'n reël bottomless (Starbucks uitgesluit, want daar kry jy darem ordentlike koffie).
En ja, tipping is groot. Ten minste 15%-20%. behalwe natuurlik die fast food plekke.
Die natuurlikste, en lekkerste kos is in New Orleans.
SHOPPING
Die Amerikaners hou van shopping. En dis baie belangrik om met jou inkopiesak van bv. Saks on Fifth rond te stap. Of nog beter, Nordstrom. En dis op krediet. Karre word gekoop op 'n lease teen so min as $300 per maaand met 'n $1000 deposito vir een van die grotes. Vir electronics was Best Buy die lekkerste in terme van verskeidenheid en prys.