Orlando
"And I now
understand my parents and all parents whereas I never did before."
- Jim Rogers (Adventure Capitalist, 2003)
ORLANDO
Ons verblyf was in die Quality Inn in Kissimee teen 'n baie billike $50 per nag vir die kamer met twee king size beddens en en suite badkamer, ontbyt ingesluit. Daar was ook daaglikse shuttles na Disney World se theme parks wat dit onnodig gemaak het om van veel ander vervoer gebruik te maak.
Die Disney World 4 dag pass kon ons ook by 'n kiosk in die foyer van die hotel koop. Ons het elke dag op die pas gebruik en by die Magic Kingdom, Epcot, Animal Kingdom en die MGM film studios gewees. Die moeilik om Disney World in woorde te beskryf, die naaste waaraan mens kan dink is magical, veral die Magic Kingdom.
Ons het meer rides gery en 3D films gekyk as ooit tevore in ons lewens. Dit was nie juis nodig om ons eie kos in die theme parks in te bring nie. Dis deel van die experience om by die Disney eetplekke te eet. Hier het ons ook kenis gemaak met die Galactic Gobbler, 'n kalkoen drumstick van gigantiese afmetings wat sommer so met die hand geëet word.
Old Town Orlando is 'n outydse amusement park wat well worth a visit is, al is dit nie deel van die theme parks nie. En al bly mens nie in 'n Disney Resort nie, is dit die moeite werd om by een in te gaan. Dis hotelle op 'n skaal waaraan mens net nie gewoond is nie.
Die Disney winkels het die mooiste goed om te koop. Shopping is hier 'n groot plesier.
Die Magic Castle in die Magic Kingdom
'n Galactic Gobbler (net $5.19!)
As Ané kon het sy almal saam teruggebring
Ditto
Nog 'n favourite: Micke koekies
Fotos by Toy Story se karakters
Nog Mickey roomyse
Oppad na die Parade
Ek maak my tuis in Animal World se Africa village
Ek was skaars tuis toe is ons by Animal World se agterdeur uit na
die hospitaal
Met Ané siek in die bed het ek Old Town Orlando besoek met die
openbare bus
Ané is beter en ons maak 'n draai by Downtown Disney
Disney's Wilderness Lodge hotel
Sushi in Downtown Disney