NEW YORK CITY


"I have spent five of the past thirteen years driving around the world, and by simply gauging the changes it underwent between the fall of the Berlin Wall and the fall of the World Trade Cente, I can assure that you that in a thousand years it will be all but unrecognizable."
-
Jim Rogers (Adventure Capitalist, 2003)

NEW YORK CITY

Die stad met 6 miljoen mense en 1 miljoen honde. En die honde word in die aand gestap aan leiband deur die strate, veral in die West End waar ons in Manhattan gebly het. Dit was die eerste stop in Amerika en ons monde het letterlik oopgehang vir die skaal waarop dinge gedoen word.

FAO Schwarz verkoop omtrent net soft toys, in letterlik enige grootte en van enige ding. Daar was selfs 'n lewensgrootte Airedale! En Barbie Dolls word nie oor die toonbank verkoop nie, maar bestel volgens velkleur (in verskeie skakerings), haarstyl en oogkleur.

Toys 'R Us naby Times Square verkoop speelgoed op drie verdiepings en het 'n Ferris wheel waarvan die karretjies verskillende speelgoed soos Monopoly uitbeeld.

De Beers het 'n groot hoekwinkel bekom in Fifth Avenue naby Tiffanys wat blykbaar vroeg in 2005 oopmaak. Hulle moet sekerlik bly wees hulle dispuut met die VSA is opgelos.

Pet Inc soos die naam sê se spesialiteit is troeteldier voorraad. Enigiets van hondkos tot speelgoed en beddegoed.

Die subway en busstelsel in NYC is een van die beste maniere om rond te beweeg. Die 7 dag unlimited travel metrocard is die goedkoopste vorm van vervoer. Een kaart kos omtrent dieselfde as 'n taxi rit na die lughawe.Die subways ry omtrent alle ure en selfs nie eens middernag is jy die enigste persoon op die trein nie. Dit is ook in die subway waar ons gesien het hoe Steve Jobs dit regkry om so baie iPods te verkoop.

Hoogtepunte was: Greenwich Village, Die Metropolitan Museum of Art, Museum of Modern Art (MOMA), Central Park (waar ons 'n troue teegekom het een middag laat), die Rockefeller Centre kersboom, Central Park Zoo.


Die troue in Central Park by die Kasteel


Ons blyplek: West End Studios, 850 West End, Manhattan


Eerste brekfis die Big Apple


Ysskaats in Central Park

 


GROUND ZERO


NUWE WTC PLAZA


Chinatown


Toys 'R Us


Toys 'R Us


Die Met


Ané by die Vermeer


Times Square se gratis internet


Brooklyn Bridge


Die Flatiron Building


Rockefeller Plaza Kersfeesboom


Op 27 het Salvador Dali Persistence of Memory geskilder


Kennisgewing opgemerk in ons eerste Yellow Cab rit

 


Teken my besoekersboek Guestbook by GuestWorld Lees my besoekersboek