New Orleans


Dit was die laaste stop op die roete en ons het op Oukersdag geland.

Die middrnag mis in die St Louis Katedraal was besonders. Die katedraal het omtrent 11:15 oopgemaak vir mense om in te gaan. Voor ons in die ry was mense van Texas en North Carolina. Blykbaar is New Orleans 'n gewilde binnelandse bestemming vir diegene van die koue noordelike state. Min het enigiemand rêrig verwag dat die weervoorspelling van sneeu op Kersdag sou waar word... O ja, glo maar die weervoorspelling op die Weather Channel, dit was altyd akkuraat, maak nie saak waar ons was nie.

Die goeie jazz luisterplekke is nie in Bourbon Street nie. Aldus ons kelner met ons Oukersaand ete. Hy het ons verduidelik hoe om by Frenchman Street te kom waar ons op die laast aand in Snug Harbor gaan jazz luister het. Ongelukkig was die gereelde Maandagaand kunstenaar, Charmaine Neville (suster van die Neville Brothers) op vakansie, maar dit was nog steeds van hoogstaande gehalte.

Ons het hier in 'n kunsgalery die werk van Henry Asencio raakgeloop, 'n 31 jarige skilder van Kalifornië. Hou maar dop, sy kunswerke wat nou vir so $2000 - $3000 verkoop gaan eendag baie werd wees. Goeie belegging as jy my vra.

Een plekkie van die deurgetrapte toeriste roetes af wat nêrens in gidsboeke gemeld word nie is Algiers, 'n klein voorstadjie aan die ander kant van die Missisissippi wat bereik word met 'n gratis ferry. Ané het 'n perfekte tyd gekies om oor te gaan daarheen, met sonsondergang. Dis nou die plek om te bly as jy in New Orleans werk of vakansie hou!

Dis baie beter om met 'n Gray Lines toer die begraafplase te besoek. Die toergidse is baie vermaaklik en knowledgeable. Ek kon nie anders om by die Virgin Megastore die Easy Rider DVD te koop waarvan dele in die St Louis #1 cemetary geskiet is. Marie Laveau, die Voodoo queen se graf is ook hier.

New Orleans was die enigste stel wat ons afgetrap het in terme van verblyf. Moenie Joe en Floes Candlelight Hostel besoek nie. Daar sal altyd plek in die Quality Inn wees, waarheen ons toe ook getrek het twee dae later. Geen wonder dat dit ook die goedkoopste was teen $26 per nag nie.


Ja, dis sneeu daar voor die billboard


En sneeu op die strate


Eye catching bill boards in New Orleans


Tipiese straattoneel


J
Joan of Arc, (die maid of Orleans) word vereer met 'n goue standbeeld


Ek belowe ek was nie daar nie


St Louis (uitgespreek Lewis) Cemetary #1


Die Nantchez Steamboat op die Mississippi


Voorbereidings vir die nuwejaarsport in die Sugarbowl


Die beste winkel in N.O. as jou naam Mathilda of Pablo is


Hierdie kunstenaar gaan groot hoogtes bereik


Straattoneel in Algiers


Ons in Algiers se regte British Pub


Teken my besoekersboek Guestbook by GuestWorld Lees my besoekersboek