Miami
"By the time
Castro is gone, there are not going to be any decent deals left
for Americans."
- Jim Rogers (Adventure Capitalist, 2003)
MIAMI
Hier het ons 'n naweek by Martin en Kirrin gebly en kon ons die Amerikaans lewenstyl van behind the scenes beleef. By die Keys het Martin by 'n self service petrolstasie opgevul, baie vreemd dat iemand dit nie vir jou doen nie!
Die internet spoed by Martin se apartment is 3000 Kbps, vergeleke met ons ADSL van 256/512. Mnet het 'n broadband Mnet on demand vir $10 'n maand waarmee jy verskeie programme of selfs krieket kan kyk asof dit 'n TV uitsending is. Natuurlik is dit nie in SA beskikbaar nie, ons internet is te stadig.
Die Amerikaners is ongelooflik effektief met crowd management. By die Cheesecake Factory kry jy 'n beeper wat afgaan as jou tafel beskikbaar is, maw jy hoef nie te staan en wag nie, maar kan aangaan met jou shopping. As die tydsberaming vir die ry 50 minute is, kan jy maar daarop reken dat jou tafel presies 50 minute later beskikbaar sal wees.
Die teleurstelling was egter dat Kubaanse sigare nie in Miami verkoop mag word nie weens Amerikaanse sanksies. Wanneer gaan die Amerikaners wakker word en besef dat Kuba nie 'n bedreiging is nie. Die Berlyns muur het al 16 jaar terug geval mense!

Milkshakes en hamburgers die Vrydagaand in Miami

Die strandkastele is 'n gereelde attraksie

Een variasie van Art Deco
Saterdagaand saam met Kirrin en Martin in die Cheesecake Factory
Sondagmôre brunch by 'n eg Amerikaanse restaurant

Petrolingooi in die
Keys
'n Recycle bin vir cellular
equipment in Best Buy

Die eerste onderwater fotos
met my nuwe kamera in die Keys met ons scuba instructor
South Beach, Miami