Boston


"We in America have accomplished some extraordinary things in our history, but our policy must be grounded in reality."
-
Jim Rogers (Adventure Capitalist, 2003)

BOSTON

Die treinrit van NYC na Boston was baie lekker. Die trein het wireless internet en kragproppe vir laptops. Die meeste passasiers surf, kyk DVD's of luister met hulle oorfone musiek.

Die tuiste van Harvard, MIT en 47 ander tersiêre inrigtings. Dink studente en jy kry 'n prentjie van Boston. Maar nes Stellenbosch, is daar baie ou geld, en beskou die locals hulle as 'n trappie verhewe bo die ander Amerikaners.

MIT het onlangs 'n museum oopgemaak. Hier het ons ons verwonder aan die robotika uitstalling, veral KISMET, die robot met emosies. Daar was ook 'n indrukwekkende holografie uitstalling.

Dit was te koud om die Freedom Trail te loop en ons het maar eerder die Red Trolley toer gevat in 'n lekker warm bussie. En ek het ge-ysskaats vir die eerste keer in jare op 'n bevrore pond by die Boston Common. Om die hoek van ons blyplek was 'n Virgin Megastore waar ek 'n paar DVD's aangeskaf het. Quentin Tarantino se "Hero" het my $20 gekos. Daar is eenvoudig nie 'n mark vir nagemaakte DVD's nie want die oorspronklikes is goedkoop. Ou releases kos tussen $10 - $15, Ek het selfs 'n ou Al Pacino fliek vir $8 en die Doors dubbel DVD vir $10 gekry!


Met AMTRAK na Boston


Newbury Street


Harvard se hoofkampus


Ek by John Harvard


MIT


Teken my besoekersboek Guestbook by GuestWorld Lees my besoekersboek