Weskusvakansie '99
Deel II
![]()

Die Muisbosskerm op Lambertsbaai was sonder twyfel my hoogtepunt van die vakansie. Ek het nog nooit so lekker gesmul aan allerhande vis en dinge nie. Die atmosfeer is egter die helfte van die sukses, eetgery bestaan uit mosselskulpe wat direk van die strand af kom.

Die waatlemoen word so geskil dat jy net vleis kry.

Na Lambertsbaai is ons af na St. Helenabaai waar die winkel se leuse "Koep koep se bek hang oep, betaal betaal se gat is kaal" is.

Die Kaapse Klopse het ons nuwejaarsoggend in Langebaan se strate verras.

Die wêreldbekende konsertpianis Tessa Uys gee jaarliks op haar broer, Pieter Dirk Uys se Evita se Perron uitvoerings. Op 1 Januarie 2000 het ons gaan luister. Dit was onvergeetlik.

Net by Evita se Perron! Dit is wat jy dink is...

Hans en Ané

Ané se Clementina van der Walt teepotte het my mal gehad. Hierdie besondere teepot was toe ook nie heeltemal reg nie en is teruggevat om met die Argus weer gehaal te gaan word.
That's all folks. Hoop hierdie paar fotos inspireer nog mense om die Weskus te besoek. Ons gaan definitief een keer met blommetyd weer daar 'n draai maak.
![]()