Weskusvakansie '99

Deel I

Ons was skepties om in die warm Desember op die Weskus te gaan vakansie hou, gelukkig het ons vrese nie gerealiseer nie. Dit was een van ons lekkerste vakansies nog en elke dag het 'n nuwe verrassing gebring. Al die gastehuise waarin ons gebly het, het hoë standaarde gehandhaaf en was billik geprys. Nuwejaar op Langebaan se strand was 'n belewenis! Die ligte sproeireën met die aanbreek van die nuwe millennium was al die tyd vonkelwyn...

Ons het na Vredendal gegaan via Victoria-wes en in Loxton die interessantste geverfde asdromme raakgeloop!

Hierdie posbus is eintlik bedoel vir blommetyd in Calvinia.

Die wingerde in Vredendal groei sommer so in die woestyn. Besoek gerus die Lutzville wynkelder, hulle Fleermuisklip wyne is heel besonders, en die atmosfeer baie aangenamer as die meeste Bolandse wynkelders.

Die Sishen-Saldanha spoorlyn is baie prominent langs die hele Weskus.

G'n wonder die Weskusters hou Strandfontein so groot geheim nie. Dit kan enige vakansiedorpie op die tuinroete goeie kompetisie gee.

Snaakse rotsformasies by Strandfontein.

Elandsbaai se Sonskynkafee. Al die kafees op die Weskus het regte Afrikaanse name.

'n Verlate visserskuit op Lambertsbaai se hawe.

 

Volgende bladsy...