Oppikoppi TREK 2000
(3 - 6 Augustus 2000)

Elke goeie Oppikoppi begin met deeglike
voorbereiding. Só ook hierdie een die aand
vooraf!
En hierdie is die Oppikoppi mobiel, dankie
Cornel vir al die ure om die Astra reg te kry
vir die lang pad na Northam.
Die Tassenberg stage het héélwat uitgebrei. Mampoer was teen R3/dop te kry by die
Algemene Handelaar.
Op Hans se aandrang is hierdie oomblik
verewig.
Groot kragopwekkers vir groot geluide.
Die Gaullois girls het gesprankel... Hoe lekker kry ek nóú!
Cornel en ek by ons handewerk. Wimpie met 'n rustiger oomblik.
Ons het 'n verdere nut vir die double action
pomp ontdek...
Christo Strauss het o.a. 'n blues klank aan
Sprokie vir 'n Stadskind gegee.
Sekere mense beweer dat dit dit hierdie jaar 'n
reünie vir die eerste Oppikoppi (1995)
se glipsies was.
Frank Opperman het sy naam krater gemaak
as MC van die James Philips tribute deur
te beweer dat James in 1985 oorlede is. Néé
man!

That's all folks! Dankie aan almal wat hierdie Oppikoppi onvergeetlik gemaak het, met spesiale melding van die vleisbraaier en slaaimaker.

TERUG NA CYBERSAKKIE