Rotstekeninge - Wakkerstroom

Met die Kersfeesbesoek aan Volksrust was skoonma so oulik om op Oukersdag 'n uitstappie vir ons te reël na die rotstekeninge by Wakkerstroom. Die toergids, Chris Smit, is 'n oud-burgemeester van Wakkerstroom en kenner van die plaaslike geskiedenis, veral m.b.t. tot die Anglo Boere-oorlog. Bel hom gerus by (017) 730-0284 om te reël vir o.a. die volgende toere:

Rotstekeninge
Anglo Boere-oorlog
Watervalle en voëls

Volgens Chris Smit is daar verskeie teorieë waarom die rotstekeninge geskilder is deur die Boesmans. Hy steun egter die teorie dat dit inligtingstekens vir volgende trekgroepe was wat bv. aandui watter tipe wildlewe verwag kon word. Die tekeninge by Wakkerstroom is baie goed bewaar en maklik per voet bereikbaar. Die grondpad tot daar is egter lank (omtrent 'n uur van Wakkerstroom af) en verwaarloos.

Terug na fotos