Et se Eetplekke
Op hierdie bladsy is my gunsteling eet- en drinkplekke in Gauteng en Mpumalanga. Hou in gedagte dat dit nie betaalde reklame is nie, alhoewel ek nie sou omgee as dit was nie!
1.
The Ant (Melville)
2. De Backery (Edenvale)
3. Cool Runnings (Melville)
4. Service Station (Melville)
5. Carina's (Parkhurst)
6. Stucky's bar & restaurant (Volksrust)
7. Norwood
La Formica (The Ant)

Geleë in 7de
Straat, Melville. Die eienaar, Ronnie van der Walt, het daarin
geslaag om 'n wonderlike knus atmosfeer te skep in sy coffee shop.
Jy kan egter ook wyn, pasta en ander ongewone geregte daar
beproef. Die Glühwein word egter eers na 11 die aand bedien!
My gunsteling
tydverdryf is om die nuwe miere te ontdek... Maar tussendeur kan
mens ook die Michelangelo teen die muur bewonder!

De
Backery
(Van
Riebeecklaan 47, Edenvale)

Ook 'n ou gunsteling. Die enigste ordentlike Hollandse bakkery waarvan ek weet. Die bakkery op die grondvloer hou elke denkbare Hollandse lekkerny aan, waarvan my gunsteling natuurlik krokette is. Saterdagoggende is die koffiedrinkplek binne die windmeul 'n miernes. Probeer gerus 'n uitsmyter met koffie verkeerd vir ontbyt.
Cool
Runnings
(naby
h/v 4de Laan en Mainweg, Melville)

Die nuutste plek om gesien te word in Melville. Ek en Cornel het 'n paar jaar gelede die oorspronklike een in Durban ontdek, en was dadelik mal daaroor. Alhoewel dit nou 'n tipe van 'n franchise is (die ander een is in Hatfield, Pta) is dit nog steed lekker laid back. Moet dit net nie op 'n koue aand buite in een van die boma's waag nie...
Service
Station
(h/v
9de Straat en Rustenburgweg, Melville)

Dit was altyd die ou bamboeswinkel oppad uit ou Melville gewees, en na die revamp is dit Ané se favourite coffee shop!

Die middagetes word op die groot wit tafel uitgestal. Jy laai op en betaal dan 'n per kg prys vir soveel kos as wat jy gevat het.

Daar is natuurlik meer as een winkeltjie om jou te tempteer... Hierdie is die wynwinkel, pryse is redelik en die verskeidenheid uitgebreid. Dan is daar ook kinderspeelgoed, Indiese speserye, geskenke en ander ineterssante dinge.
Carina's
(h/v
13de Straat en Vierdelaan, Parkhurst)
NOTA: het ongelukkig haar deure gesluit :-(

Lisl kry die krediet vir hierdie aanbeveling, dit was rêrig 'n aangename ervaring. Die klem val op kleiner geregte sodat jy 'n groter verskeidenheid kan beproef. Carina's val in die duurder prysklas, maar is 'n treffer!

Stucky's
bar & restaurant
(Vredepad,
+- 5km uit Volksrust uit)
(Tel: +27 1773 52808)

Stucky's is 'n lafenis vir die siel as mens deur Volksrust reis. Dit bestaan uit 'n goed toegeruste gastehuis met kroeg en restaurant. Die Kroeg se shooters is 'n belewenis en die restaurant het 'n egte Eisbein vir die hongeres. Geen besoek aan Volksrust is afgerond sonder 'n besoek aan Stuckys nie!
Norwood
![]() |
![]() |
![]() |
Enkele van my Norwood gunstelinge, almal in Grant Avenue. 'n Groot gunsteling vir regte pizza en pasta: Pane Vino. Cafe Tre Scalini vir tuisgemaakte roomys, en die Sun Deck sommer net om te luister na die bzzzz van die buurman se tatoeëer masjien! |
Hou hierdie bladsy dop vir nuwe toevoegings wat in Wat's nuut aangekondig sal word.