Oppikoppi '99
![]()
Hierdie jaar se Oppikoppi van 6-9 Augustus 1999 was gekenmerk deur 'n definitiewe tendens om dit 'n fees van Suid Afrikaanse musiek te maak, en nie noodwendig Rock musiek nie. Kunstenaars so uiteenlopend as Madala Kunene, Jimmy Dludlu, Brasse vannie Kaap, Prophets of da City, Naked en Fetish het opgetree saam met die ou bekendes Valiant, Koos en van der Want. Ingevoerde talent is verteenwoordig deur Sander Vos van Amsterdam.
Dit het minder besig gevoel as laasjaar, wat in 'n groot mate te danke was aan die herrangskikking van die verhoë (die MAINSTAY VODKA UnFLEAnshing MAIN STAGE en BLACK LABEL FlEA Pit STAGE is omgeruil), en die baie welkome vergroting van die TASSENBERG FLEAting Moments Stage. Die SAVANNA FLEAnenium JAZZ STAGE het vir meer as net jazz gesorg. Ek het hard gesoek na die ablusieblokke wat laasjaar aan die einde van Fetivalstraat gestaan het, maar blykbaar het die organiseerders besluit die vraag na storte is nie groot genoeg nie...
Maar dis nou genoeg gebabbel, oor na die fotos --> ( Daar is nog fotos en videoclips by 24.com se Offbeat.)

Dis Vrydagaand, met 'n borrel innie hand, buitenkant...

Gestreepte gevaartes het besoek by ons kampeerplek kom aflê

SAVANNA FLEAnenium JAZZ STAGE

Innerlike versterking

Alle paaie lei nie na Rome nie

Sommige paaie lei na ons boskamp

Daardie haarstyl kan nie maklik slaap nie!

Die Oppikoppi Bar
That's all folks,
Nou kan ons begin uitsien na die eerste Oppikoppi van die nuwe millennium ;-)
![]()