Oppikoppi 2003
![]()
Hierdie jaar se Oppikoppi het ek solo gegaan en baie geniet. Mens kan darem nie die terugkeer na die Bosveld mis nie... Die bands was egter gemik op die jonger klomp maar die solo acts was meer my scene. My persoonlike hoogtepunte was wéér Kristo Strauss en dan natuurlik Andries van BMRO. Karen Zoid het teleurgestel, sy is 'n kommersiële sukses maaar kan nie ernstig met musiek omgaan nie. Spyt dat ek New Porn gemis het.

My kampeerplek.

Mainstage van voor af.

Ek weet nie hoekom ek nooit 'n goeie foto van Kristo Strauss kan neem nie...

Andries (BMRO)

Die nuutaangeboude swembad bo by die Bar, heerlik om net te staan en tuur oor Oppikoppi se vlaktes en te luister na die filosofering van dronk studente.

Oppikoppi se Main Stage van bo af.
![]()