Die Brug en vriende

Hierdie fotos is fond memories. Skip maar as dit nie interessant is nie.

Die nuwe Nelson Mandela brug. Ek het die foto spesiaal vir Martin geneem uit die Arbeidshof se gebou in Braamfontein. Die wire mesh voor die venster is om te keer dat die duiwe in die gebou vasvlieg. Die amptelike website vir die brug is www.mandelabridge.co.za Die galery van fotos by:
http://www.mandelabridge.co.za/gallery/album01
gee 'n beter idee as my foto.

Met Hans en Wimpie se besoek in Augustus 2003 het hulle opsluit daarop aangedring om Ané se bad van die winkel af huis toe te dra.

Hulle was baie behulpsaam en het ook gehelp om die hondehuisie na die agtertuin te dra.

Cara saam met haar ma, ouma en Lisl.

Ek, Ané en die twee monsters.