Aardklop 2001
![]()
Donderdag 4/10/01 @ 11h42 - Potch
Aardklop het gearriveer. Die gehalte van die dramaproduksies het merkbaar verbeter sedert die eerste Aardklop 'n paar jaar gelede. Die hoogtepunt op Woensdag se program was sonder twyfel Barry Hough se jeugdrama Breek. Ons almal het probleme en Hough en Lizz Meiring kry dit reg om dit sonder versiersuiker vir die gehoor aan te bied. Veral die jong akteurs lewer 'n besonder kragdadige vertoning.
Ietwat teleurstelend was egter Wyn met onder andere Anna-Mart van der Merwe en Gčrard Rudolph in die hoofrolle. Anna-Mart se dronktoneel was wel oortuigend, maar vir my kon dit nie die storie red nie. Die ontknoping bly in die lug hang nes die vierde stoel.
Piet Botha het Woensdagaand in die Stalteater my vetroue in Afrikaanse Rock weer herstel na die Valiant teleurstelling. Saam met Jonathan Martin, Tertius du Plessis en Paul de Waal het Jack Hammer en Piet se meer onlangse Afrikaanse hits weer lewe gekry. En vir almal wat wonder wanneer kom die nuwe album: dis die seisoen van Greatest Hits. Botha s'n word Donderdag by die Stalteater vrygestel. En blykbaar kan ons Vrydag uitsien na Dagga Dirk Uys se nuutste - Die Vloek van die Kitaar. In antwoord op die ripp-off en misbruik van die alternatiewe label.
Teen 22h00 Woensdagaand was die versoeking groot om my Varkplaas kaartjie te skenk aan die eerste die beste kultuurbehoeftige. Die dag was lank en die shows veeleisend. Maar ek druk maar deur na die POK Hoofsaal. En die beloning was nie te versmaai nie. Hierdie Afrikaanse Animal Farm speel af op Boer Cronjč se Vrystaatplaas waar die varke die rewolusie begin met die slagspreuk Geen Boer, Een Rivier (one bullet, one settler???). In Harare sou Zanu PF hierdie show verban het as MDM propaganda! Nadat die Varke die euwels van Boer Cronjč oorgeneem het (arme Os het op die braai beland) is Orwell se boodskap duidelik: Power corrupts.
Na Varkplaas se adrenalien rush is bed toe gaan uit. Ek suiker toe af na die feesterrein, wat na elf in die aand soos 'n spookdorp lyk. Maar moenie moedverloor nie - die karaoke bar is oop tot laat met Castle Draught on tap. Meerendeels 'n uihangplek vir die jongkomp (lees tieners en eerstejaars....) maar nietemin 'n lekker paartie met Potch se voorste cover artists.
Donderdag is rusdag. Bietjie later sal ek vir Wouter van de Venter gaan opsoek in die Stalteater, maar vir eers gaan ek rustig verkeer. HIerdie is ook dan die laaste Live Update aangesien ek van vanaand af familie verpligtinge het.

![]()