Weenen
![]()
Let op na die sambreel met musieknote, die hele Weenen is omgedop daarvoor!

Musiekuitvoerings in die Staatsopera is maande vooruitbespreek. Die alternatief is die Schönbrunpaleis se Orangerie wat in die 19de eeu as 'n hothouse gebruik is! Die akoestiek was baie goed.

'n Bekende gesig in Oostenryk is die Anker bakkery. Ons het by hierdie een die special gehad, nl Mélànge (melkkoffie) vir öS10, en natuurlik Oostenrykse semmelbroodjies.

En dan is daar Weenen se besbewaakste geheim: Hundertwasserhaus! Dit is 'n blok council flats wat in opdrag van die Weense munisipaliteit deur Hundertwasser ontwerp en van 1982-1985 gebou is.



![]()
Volgende - Praag
Terug - Innsbruck en Salzburg