Venesië
![]()
Verblyf is so skaars soos hoendertande in Venesië. Probeer vroegtydig plek bespreek in die billike HI Hostel, wat baie sentraal geleë is. Ons het vanaf Napoli gearriveer op Venezia Mestre stasie, en dan neem jy 'n volgende trein na Venezia Santa Lucia. Indien jy nie verblyf gereël het nie moet jy eerder jou bagasie op Santa Lucia stasie in 'n locker los terwyl jy soek. Die waterbusse is om die minste te sê confusing, selfs die locals kla daaroor. Vat een na San Marco, en beweeg van daar af te voet met 'n kaart. Jy kán die hele Venesië te voet verken, ongeag die kanale.





'n Man moet darem so nou en dan 'n paar goedjies was en droog?
![]()
Volgende - Innsbruck en Salzburg
Terug - Capri en Pompeii