VOORAF...

 Vliegtuigkaartjies

Ons was gelukkig om van Sabena se Milennium aanbod gebruik te maak, wat 'n retoerkaartjie na Brussels beteken teen R2000, en twee verdere vlugte in Europa vir R750 (Brussels-Rome en Berlyn-Brussels). Daar is soveel spesiale aanbiedinge dat dit loon om nie die eerste die beste vlug te bespreek nie, maar eers rond te kyk.

En probeer om die kaartjie met 'n kredietkaart te koop, dit beteken Mediese Versekering is ingesluit, wat nodig is om 'n Schengen visum te bekom.

Visums

Die Schengen visum gee toegang tot al die lande in die weste van Europa, behalwe Switzerland en Brittanje waarvoor Suid Afrikaners nie visums nodig het nie. Daar word aansoek gedoen by die konsulaat van die land van binnekoms, of die land waar die langste gebly gaan word. In my geval was dit die Belgiese konsulaat geleë te Walterslaan 9, h/v Jan Smuts, Rosebank.

Jy benodig die volgende vir 'n visum:

1. Retoer vliegkaartjie

2. Volledige reisplan

3. Paspoort geldig vir 3 maande na terugkoms

4. Valuta stempel in paspoort vir ten minste R450/dag (sonder voorafbetaalde akkomodasie)

5. Medical Insurance (ingesluit by kredietkaartbetaling van vliegkaartjie)

6. Hostelling International ledekaart indien jy van plan is om in Youth Hostels oor te bly

7. Voltooide aansoekvorm met een paspoortfoto

8. R180 vir 'n dubbel binnekoms visum, en R300 vir multiple entry

Deur persoonlik die visumaansoek by die konsulaat te doen (weeksdae tussen 9h00 en 12h00), spaar jy die +- R150 diensfooi van 'n agent wat dit vir jou doen.

Die visum word verwerk in 3 werksdae (Belgiese vakansiedae uitgesluit).

Rugsak

Ek is 'n geswore Karrimor aanhanger, en beveel die Karrimor Sequoia 75L sterk aan. Die rugbande zip toe met 'n aparte flappie, en al die kompartemente kan met klein slotte gesluit word. Die rugsak het 'n 15L daypack wat buite-op aanzip, en kan ook met 'n slot gesluit word.

Akkomodasie

Ek sal meer kommentaar hieroor hê met my terugkoms, maar voorlopig beveel ek aan om 'n Rough Guide to Europe of Let's Go Europe boek te koop vir handige inligting oor hostelle en pryse.

Valuta

Soos reeds gemeld moet jy ten minste R450/dag hê om 'n visum te bekom, en ek reken dit is ook 'n goeie aanduiding van wat dit gaan kos. Huidiglik is daar reisigerstjeks in Euros, maar afhangende van watter wisselkoers swak vaar teen die rand, sou ek gaan vir valuta daarin.

Volgende: Epos