Praag
![]()
Praag was sonder enige twyfel die hoogtepunt van die vakansie. Die kombinasie van Oos-Europese armoede en opkomende kapitalisme het 'n baie positiewe uitwerking op die vlak van dienslewering in Praag. En ons wisselkoers is baie gunstig, wat beteken alles is nie 3 maal duurder as waaraan jy gewoond is nie!

Dit was nogals opwindend om hierdie klok raak te loop wat op die agterblad van die 1999 Rough Guide to Europe verskyn.

Boeke in Praag is 'n derde van die Suid Afrikaanse prys. Die swaardra aan die backpacks was uit en uit die moeite werd...

Dit was seker die trol wat ons keuse op hierdie restaurant laat val het vir ons enigste behoorlike driegang uiteet van die vakansie.

Die Karelbrug het ry op ry oorspronklike kunstenaars

Kiddies op 'n uitstappie by die Kasteel




TRAVEL TIPS
Doen eerder moeite om konserte in Praag as in Weenen te gaan kyk. Die musiek is nie-kommersieel, en van hoogstaande gehalte. Waar anders kan jy 'n marionetvertoning met meterhoë marionette sien? Die openbare vervoerstelsel is baie effektief. Maak gerus gebruik van die AVE akkomodasiebesprekingsburo op die Praha hlavní nádrazí treinstasie as jy daar aankom, en vermy enige touts. Veral in Praag is die touts ongelooflik knaend as jy net lyk of jy belangstel. As jy kommissievry reisigerstjeks wil inruil, is daar 'n Thomas Cook net voor die Karelbrug, en 'n American Express by Vaclavske Namesti 56.
![]()
Volgende - Berlyn
Terug - Weenen