Innsbruck en Salzburg

Na Italië het ons rus nodig gehad, en Innsbruck was net die plek. Ons straf omdat ons nie vooruit in die Hostel bespreek het nie, was die viersterhotel hieronder. Dit was die enigste plek waar ons nie by aankoms die rekening vereffen het nie, maar eers die volgende oggend!

Igls is 'n berg vakansie oord wat met die trêm bereik kan word.

Die"Smart" karretjie is die nuwe craze in Europa

SALZBURG

Ons was gelukkig om met die Landsfest in Salzburg te wees. Al die dorpenaars trek hulle tradisionele drag aan, en paartie vir 3 dae en 3 nagte.

Die Groen party is baie aktief in Oostenryk

Volgende - Weenen

Terug - Venesië