Italië - Rome
![]()
Italië was 'n groot hoogtepunt gewees en ook die duurste land waar ons was. Verwag om ten minste R30 te betaal vir 'n Coke en 'n pizzaskyfie. Daar leer mens die ware betekenis hoe om te leef van liefde en koue water (en droë brood as jy rêrig gelukkig is!). Ek het Benetton se winkel in Rome hieronder afgeneem vir die lewensgrootte gesigte in die vensters.

Ek en Ané by die Colosseum

Die Pantheon in die aand

Die Trevi fontein wat deur Anita Ekberg in La Dolce Vita bekend gemaak is.

Blykbaar was dit heel fashionable om jou politieke punt te maak by hierdie beeldhouwerk

Die "Creation of Adam"in die Sistynse Kapel

Een van die selfhelp vulstasies in Rome

My favourite advertensie: "Il Corpo dell Anima"

TRAVEL TIPS:
Probeer om vooraf akkomodasie in 'n Youth Hostel te bekom, anders eindig jy ten duurste op in 'n hotel soos ons. Die Vatikaan met die Sistynse Kapel kan om geen rede gemis word nie. Die T-Hemde buite die Vatikaan is die enigste winskopie wat jy in die hele Rome gaan kry, koop gerus 'n paar.
![]()
Volgende - Capri en Pompeii
Terug - België