Utrecht en Dordrecht
![]()
Utrecht word ongelukkig te veel publisiteit gegee in die Rough Guide. Die mooiste gesig was omtrent die koeie.

Holland het net kaartfone wat baie modern en kompak ontwerp is. Die groen PTT telefone is meer volop as die kompetisie se blou kaartfone

Dit was nou kostelik gewees. 'n Toegewyde kinderhaarsalon in Dordrecht, kompleet met klein videoskermpies en model karretjies en motorfietsies vir die kiddies om op te sit!

Die doopvont in Dordrecht se Grootte Kerk waar my pa gedoop is. Dit was die enigste protestantse kerk met soveel katedraalatmosfeer wat ons raakgeloop het. Op Saterdae is daar orrelmusiek van 10h00-16h30.

TRAVEL TIP
Vermy Utrecht, en spandeer eerder meer tyd in Dordrecht.
![]()
Terug -Alkmaar
Volgende - Haring artikel