E-mails...

Die eerste geleentheid om te e-mail aan my familie en vriende was van Napoli af op Woensdag, 19 Mei. Hier volg die direkte transkripsies daarvan:

Ons het vandag in Napels aangekom na 2 dae in Rome. Maar laat ek by die begin begin... Brussels was ons eerste stop, en ietwat onverstaanbaar met al die mense wat Frans praat. In Brugge het dit al beter gegaan, ten minste kon mens Afrikaans praat met die locals. Vandat ons Maandag in Rome aangekom het, is al wat ons nog doen rondstap en na monumente  en goed kyk.

Wat tot nou toe hoogtepunte was is die volgende: Rome met al die Romeinse monumente, fonteine, piazzas en mense. Daar is `n magdom skoetertjies op die paaie, en as jy die strate wil oorsteek bid jy, dan loop jy en dan sê jy danjie... Die mense dink nie twee keer om oor `n rooi robot te ry nie, maar hulle stop snaaks genoeg baie gou as jy voor hulle inloop.

Die Vatikaan was om die minste te sê asemrowend. Daar is meer standbeelde en kunswerke as wat mens in `n leeftyd sal kan sien. Die Sistynse Kapel is ongelooflik. Die grootste deel daarvan is deur Michelangelo geskilder, o.a. Die Final Judgment, en die Creation of Adam (die beroemde vinger van God wat Adam se hand aanraak om lewe in hom te plaas).

Vandag het ons in die stof van Pompei gaan rondkrap, en op `n bordeel afgekom wat na 2000 jaar nog staan. Buite die kamertjiesmet klipbeddens is daar die mees eksplisiete pornografiese prentjies van elke monntlike posisie geskilder. Ek weet nie of sit vir instruksies of vir `n ander meer sinistere doel daar geverf is nie!!!

Maar daar was meer as bordele, ons het ook die Huis van Vettii besoek, wat die mees ongelooflikste prentjies op die mure het. Dis `n groot bestiering dat Mt Vesuius in 72 AD (?) uitgebars het om daardie gemeenskappie se lewenstyl so te bewaar.

Maar genoeg van die Geskiedenisles.

Soos Rome baie duur was, is Napoli baie billik. (1000 lire = R3.40) Coke is gemiddeld so L 5000, en `n skyf pizza so L 3000. Water kom meer billik teen L 1500 vir 500 ml. Maar die absolute bargain is vanaand se inetrnet cafe: L 3000 per uur!!!

Genoeg vir eers, ons gaan Vrydag Venesie toe, en behoort teen Sondag in Oostenryk te wees

Etienne-----

Sent using MailStart.com ( http://MailStart.Com/welcome.html )

The FREE way to access your mailbox via any web browser, anywhere!

En toe weer van Praag af op Vrydag, 28 Mei:

Hi daar almal,

Ons is nou al ons tweede dag hier in Praag, en dit gaan swaar wees om hier weg te gaan... Behalwe dat dit baie meer bekostigbaar is as die res van Europa, is die mense hier baie vriendelik en behulpsaam. Seker die opwindendste deel van ons toer was juis die nagtreinrit hiernatoe, op Ane se voorstel het ons 21h30  uit Wenen vertrek op die nagtrein wat 22h50 op Brezlav, 'n Tjeggiese grensdorpie aankom, en dan vertrek die trein na Praha (Praag) om 1h27 die oggend, of ten minste dis wat die treinskedule se! Voor mens die Oostenrykse grens oorgaan kom die Tjeggiese grenspolisie jou paspoort check. Hierdie ouens is mean, maar modern. Die een wat nie die paspoort stempel dra nie het 'n IBM laptop waarmee hulle seker kan kyk of jy 'n skelm is of nie. Ek het omtrent versteen gesit terwyl hulle hulle job gedoen het, nie eers 'n piep van my kant af nie... Dit was vir ons 'n vreemde ervaring, omdat hulle jou paspoort net een keer nagaan as jy die eerste keer in Europa inkom, daarna kan jy enige lande binne die Schengen grense oorsteek.

Net toe ons dit oorleef het, kom die trein aan in Brezlav, 'n baie arm Tjeggiese grensdorpie, waar ons vir die volgende 2.5 h moes wag vir die volgende trein.  Ons het seker net so vreemd gelyk vir die locals soos hulle vir ons, maar dit was nogals effe scary middrnag op die Tjeggiese grens! Dit het beter geword toe daar nog 'n paar backpackers ons gejoin het in die stasie se voorportaal.

1h28. En ons wag baie paraat op die peron vir ons trein, enigiets om weg te kom uit Brezlav! En die trein kom nie... Uiteindelik se 'n ander geharde Oos-Europese backpacker vir ons daar was 'n afkondiging in Tjeggies dat die trein 40 minute vertraag is. Nou ja.

Toe ons uiteindelik 6h00 in Praha aankom, was ons alles behalwe positief, en jy is net nie lus om na die touts te luister wat 'n kamer in hulle niggie se tannie se apartment wil afsmeer wat kwansuis naby aan die city center is, maar jy kan nie eens met die tram daar kom nie... Maar na ons ons voete gevind het in Hotel Apollo ner buite die stad, was dit net wonderlik verder.

Die aand 18h00 het ons onverwags op 'n katedraal afgekom met daagliks orreluitvoerings, letterlik elke dag van die week, elke week, waar ons o.a. na Bach se Fuga gaan luister het. Mens glo dit nie voor jy dit met jou eie oe sien nie, maar daar is letterlik elke dag enige denkbare konsert waarna jy kan luister op enige denkbare plek, van Marionetvertonings, orrel, simfonie orkeste tot "kabaret ;-) " en mimiek.

Mens kan net nie uitgepraat raak oor Praag nie...

Anyways, môre is dit Berlyn en dan Amsterdam.

Groete uit Czech,

Etienne en Ane

_________________________________________________________

Do You Yahoo!?

Get your free @yahoo.com address at http://mail.yahoo.com

Volgende - België

Terug - Reisvoorbereidings