Capri en Pompeii

Dit was nie deel van die beplanning om so lank in Napels te bly nie, maar Capri en Pompeii is elk 'n daguitstappie op sy eie. Napoli is tipies van Italië se suide 'n arm stad, en gevolglik baie vuil. Die groot straathonde wat oral, maar veral op die stasies, rondlê is baie kenmerkend, hulle is tot by die ruïnes van Pompeii. Ons kon dit bekostig om in Napels uit te eet p 'n restaurant se stoep. Die pasta wat ons gehad het was baie sout, wat mens laat wonder oor al die straathonde...

Ané se groot sweetie, met die supermark in die agtergrond

Grotto Azzuro - Capri

Ons Bootman

Cool Napoli Girls op die ferry terug na Napoli

Pompeii

Ek was nog van altyd af gefassineer met die gipsafdrukke van mense wat met Mt Vesuvius se uitbarsting in 72 AD vergaan het

'n Afbeelding van Narscis in die Huis van Lorrius Tiburtinus

TRAVEL TIPS

Beplan jou besoek aan Capri en Pompeii rondom verblyf in Sorrento. Napoli is 'n tipiese groot stad, met min historiese plekke, behalwe die museum waar baie Pompeii artifrakte uitgestal word. Soos maar oral in sulke plekke behoort jy nie misdaad tee te kom nie as jy wakker en doelgerig reis.

Volgende - Venesië

Terug - Rome