België
![]()
Aangesien ons met Sabena gevlieg het ons 'n paar keer in België, en veral Brussels, aangedoen. Die snaakste was dat die Belge vir die vlieënier hande klap as die vliegtuig land! Verkiesingsplakkate vir die Euro parlement was volop, soos die's hieronder in Brussels en Brugge.

Brugge het vir heelwat humoristiese oomblikke gesorg...


En daar was daar natuurlik ook ernstiger oomblikke om die landskap te bewonder in Brugge en Antwerpen:


TRAVEL TIPS:
Eet soveel sjokolade as moontlik in Brussels. Blykbaar weet die Antwerpers net hoe om bier te brou, wat hulle nogals goed doen. Brugge is 'n absolute moet op enige Belgiese toerprogram. Die Brussels lughawe se eetplekke is vrekduur, kry dus eerder innerlike versterkings by die treinstasie.
![]()
Volgende - Italië
Terug - E-mails