Amsterdam

Ongelukkig het ons te laat in Nederland aangekom om Keukenhof se blomme te sien, en moes settle vir die Blommemarkt in Amsterdam. Wat wel interessant is, is die pakkies cannabissaadjies wat ook verkoop word met volledige versorgingsinstruksies...

Victor en Vladimir is twee trekklavierspelers uit die Oekraïene wat deur Nederland toer, ons is verras met hulle goeie spel onder 'n brug by die Vondelpark.

Tot nou toe weet ek nog nie of dit 'n toeristetaxi, of net twee pêlle was nie?

Spesiale fietspaaie is 'n algemene verskynsel in Nederland

'n Toneeltjie naby die Leidse Plein waar baie restaurante is

Die verpligte kanaalfoto...

TRAVEL TIP

Beproef gerus Amsterdam se bekendste produk in 'n Coffee Shop (daar's baie). Teen R75/2g is dit egter nie iets vir elke nag nie! Vermy Amsterdam se Metro, die trêms neem jou waar jy moet wees in die middedorp, die Metro gaan in vreemde rigtings. Bespreek liefs verblyf vooruit as jy nie wil opeindig in die Flying Pig nie...

Volgende - Alkmaar, Leiden en Scheveningen

Terug - Berlyn