Alkmaar, Leiden en Scheveningen

Daar is twee interessante museums in Alkmaar, nl. die Biermuseum hieronder en die Kaasmuseum. Alkmaar is plattelandse Nederland op sy heel beste.

Tipies van 'n studentedorp was Leiden die enigste plek waar anti-euro gevoelens openlik getoon is.

'n Wenk vir ons universiteitsdorpe: gedigte teen geboue se mure!

Die Rose hotel in Leiden, ons het 'n kamer op die vloer bo die kroeg gehad wat uitgekyk het op die Beestenmarktplein, die beste kameruitsig van die hele vakansie.

Scheveningen is eintlik 'n toeristestrand binne Den Haag se grense. As jy ver genoeg met die strand afstap word jy beloon met 'n Vosbier by Het Puntje.

TRAVEL TIPS

Die enigste hotel op Alkmaar wat nog sake doen is Stad en Land, net links voor die stasie. Moenie eers dink jy gaan in die historiese middedorp bly nie, die laaste twee hotels is nou net restaurante. Sit genoeg tyd opsy om Leiden te verken te voet, dis groter as wat mens dink.

Volgende - Utrecht en Dordrecht

Terug -Amsterdam