ARGIEF 2003
Dinsdag, 23 Desember 2003
- Mosambiek vakansie 2003
- Wenke en fotos!
Donderdag, 7 November 2003
- My Ezine
- Vir nuttige wenke wat die lewe makliker maak.
Vrydag, 3 Oktober 2003
- Foto bladsy opgedateer!
Hierdie is seker wat mens 'n bumper issue noem, 29 nuwe fotos. Skakels is op die Fotobladsy ook:
Oppikoppi 2003
Red Bull kaskarresies
Cresta relaunch
Die Brug en vriende
Saterdag, 26 Julie 2003
- Mathilda by haar Graduation
- McKaynine Puppy Socialising
- Mathilda het nou amptelik gegradueer by die puppy school, met fotos om dit te bewys!
Donderdag, 10 Julie 2003
- Strijdomplein, Pretoria 2 jaar later
- Daar was navrae uit Australië wat verder geword het van die ineenstorting van die gewelf op Strijdomplein op 31 Mei 2001 (Sien Argief 2001). Dis uiteindelik herbou, maar sonder die gewelf. Blykbaar het die J G Strijdom kopstuk in twee gebreek met die val.
- Blote toevalligheid dat ek hierdie fotos geneem het op dieselfde dag wat die Voortrekkermonument se museum amper afgebrand het nadat drie gasbottels in die restaurantkombuis ontplof het. Die monument restaurant is egter heeltemal vernietig.
Saterdag, 28 Junie 2003
- Mathilda in die Kaap
- Die afgelope maande was bietjie besig, dalk gaan daar voortaan meer updates wees. Mathilda het gister van haar Kaapse vakansie teruggekeer. Sy is behoorlik gefotografeer, gaan kyk gerus in die fotogalery.
Woensdag, 12 Februarie 2003
- La GastroGnome
- http://www.theparks.co.za/gg/gg01-index.htm
- Terwyl ek nou so met die kos doenig is moet ek meld dat ek Victor Strugo se restaurantresensies op die net opgespoor het. Definitief 'n goeie beginpunt as jy wonder waar jou volgende Jhb gastronomiese ervaring moet wees!
Woensdag, 12 Februarie 2003
- Traditional South African Recipes - By Funky Monkey
- http://wind.prohosting.com/outabout/recipes.html
- Om my nuwe potjie in te wy het ek naturlik my heel eerste tot die net gewend vir 'n wildsresep. Want sien hierdie pakkie wildsvleis van Oom Bokkie se Vleismark in Lydenburg lê nou al 'n geruime tyd en wag in die vrieskas. En 'n beter plek as Funky Monkey se reseptehoekie kon ek nie gekry het nie. Daar vertel hy jou sommer ook hoe om vir jou potjie te sorg! Gaan kyk gerus.
- Daar is ook 'n argief van vorige jare:
- Argief 2002