Wat's nuut

ball44Saterdag, 12 Oktober 2002

Rooi Lig Kameras
http://freedom.house.gov/auto/news/testimony.asp
Het iemand al mooi gedink of rooi lig kameras enigsins help om padveiligheid te bevorder? Of aanvaar ons almal maar net soos skape dat dit reg is? Die hyperlink hierbo sal jou neem na getuienis wat gelei is voor die 'n Amerikaanse komitee wat handel met vervoer. Nou wonder mens self of 'n rooi lig appél ons Konstitusionele Hof sal oorleef. Maar wie weet, dalk is dit belangriker om die lang arm van die gereg by bordele in te stuur as op straat om kriminele aan te tree.
 

ball44Maandag, 30 September 2002

Valiant Mississippi Blues konsert
konsert fotos
Een van sy bestes!

ball44Vrydag, 26 April 2002

Spy Game
www.thespygame.net
 
Die movie is veronderstel om af te speel vanaf 1975. Dis maar moeilik om Brad Pitt te sien in 'n rol waar hy naby aan 40 moet trek, maar ek dink hy vaar nie te sleg nie. Dit moet die maturing influence van Robert Redford wees. Die fliek is baie vermaaklik, maar ietwat ongeloofwaardig.

ball44Sondag, 24 Maart 2002

Courts Megastores Internet Cafe
 
As ek my gunsteling internet cafe moet aanwys, sal dit sonder twyfel die één wees in Fourways Crossing se Courts Megastores. Teen slegs R10 vir die eerste halfuur, en R5 vir elke kwartier daarna, is dit baie billik. En ook nie so crowded soos die meeste internet cafes in die winkelsentrums nie. Die rekenaars lyk heel modern en daar is 'n koffiekroeg ook byderhand.
 
En as jy 'n Canon drukkerbesit is die kleur cartridges nog gemerk teen R89 waar dit by die meeste rekenaarwinkels meer as R300 kos!

ball44Vrydag, 1 Maart 2002

In the flesh - Roger Waters
www.rogerwaters.com
 
Ek's bly ek het hierdie een keer in 'n leeftyd geleentheid gebruik om Roger Waters te gaan kyk en luister in die Northgate Dome. Die konsert was lank en uitputtend, en het heelwat hoogtepunte van sy musiekloopbaan gehad. My (goedkoop) sitplek was egter nie ideaal geleë om die quadrophonic klank so goed te hoor nie. Maar my verkykertjie het darem opgemaak om die big screen en die band mooi dop te hou.
 

ball44Saterdag, 26 Januarie 2002

Vanilla Sky
Al ooit gehoor van paaseiers in films? Dit is meestal goed versteekte leidrade wat wenke gee ten opsigte van die storie in die film. Vanilla Sky is 'n uitstekende voorbeeld hiervan. Mens kan nie eens die storie weggee nie, die einde is oop vir meer interpretasies as die arabiese nagte! Die voor die handliggende  konklusie is nie so obvious nie. Sien die resensies en reaksies op hierdie film by:

http://www.aint-it-cool-news.com/ en soek op vanilla sky.
 

Daar is ook 'n argief van vorige jare:

Argief 2001

Argief 2000

Argief 1999

Argief 1998