Argief 2001
Anyway, Alex Jay
(alias Wat's nuut...)
- Hierdie bladsy sal op 'n gereelde basis opdateer word met allerhande interessanthede. Onthou om te refresh as jy lanklaas hier was!
Maandag, 17 Desember 2001
- Dit lyk my ek het die website bietjie afgeskeep die afgelope paar weke. Dalk net 'n paar woorde oor die jaarlikse sarsie kinderflieks wat wys en nog oppad is. Harry Potter is oor die twee ure lank, maar hou nogal die aandag. Monsters, Inc is 'n scream! Dit laat jou meer as net lag. En dan wag ons almal nou vir Lord of the Rings wat Dinsdagnag 23:59 begin draai in uitgesoekte teaters.
Dinsdag, 23 Oktober 2001
- Aardklop fotos
- Spreek vanself glo ek.
Maandag, 8 Oktober 2001
- Aardklop nabetragting
- Die 5de dag. Nou terug tuis.
Donderdag, 4 Oktober 2001
- Weer eens Aardklop
- Die 3de dag.
Woensdag, 3 Oktober 2001
- Lewendig vanaf Aardklop 2001
- Lewendige beriggewing vanaf Aardklop 2001 - met komplimente van @lantic (www.lantic.net) se internet tent cafe op die feesterrein - teen R10/halfuur!
Woensdag, 19 September 2001
- Voizfone
My nuutste Voice-over-IP ontdekking. Meer betroubaar en makliker om te gebruik as Yahoo! Messenger se call funksie.
Woensdag, 19 September 2001
- Swart September in New York
T h a n k Y o u . . .
- Die link hierbo sal my enigste opmerkings hieroor wees. Dit spreek boekdele.
Vrydag, 17 Augustus 2001
- Aardklop
Die besprekings het onlangs oopgemaak. Vir Stef Bos gaan ek onder geen omstandighede mis nie!
Donderdag, 16 Augustus 2001
Vandag het ek my nuwe rekenaar gekry. Nou kan ek die helfte minder surf ten dubbel die spoed!
Woensdag, 4 Julie 2001
- Yourwedding.co.za
Ek dra by tot die regsgedeelte van bogenoemde, kyk gerus na die advies oor HVK's!
Dinsdag, 3 Julie 2001
- Fotos
My mees onlangse film wat ontwikkel is, het die lankverwagte Durban fotos, asook 'n paar ander interessanthede.
Maandag, 2 Julie 2001
- Shrek
Ons het Shrek alreeds die 22ste Junie 2001 gesien, maar dis nog steeds die moeite werd om dit aan te beveel vir dié wat nog nie daarby uitgekom het nie. Dié Dreamworks SKG produksie is 'n nuutuitgedinkte sprokie wat interpoleer met verskeie bestaande sprokies. Aanvanklik kon ek nie die pratende donkie plaas nie, maar blykbaar kom hy uit Pinoccio. Of dis Biléam se donkie dink ek nog steeds! Eddy Murphy sorg in elk geval vir baie vermaak as sy stem.
Vrydag, 1 Junie 2001
- Things you can tell just by looking at her.
Die 6 stories in een film wat in Shortcuts gedebuteer het, raak deesdae baie algemeen - Steel Magnolias, Traffic. Hierdie een se sentrale tema is egter baie treffend uitgebeeld in die verskillende situasies waarin die karakters hulle bevind. As Leon van Nierop 'n film 8/10 gee, kan jy meer weet dit is die moeite werd om te gaan kyk. Veral met dié dat Pearl Harbour so teleurstellend in die VSA geopen het. Puik toneelspel ook deur die aktrises, o.a. Glen Close en Calista Flockhart.
Donderdag, 31 Mei 2001
- Strydomplein
Die ironiese einde van 'n monument.
Maandag, 14 Mei 2001
- Stralerjakkers
Hoe ek die opname van Stralerjakkers meegemaak het!
Dinsdag, 8 Mei 2001
- Finding Forrester
Na Hannibal se orgie van geweld kon enige film sekere beter wees. Finding Forrester het egter die min verwagtinge wat ek gehad het oortref. Sean Connery is sy gewone statige self, Rob Brown speel in sy debuutrol - nog meer merkwaardig omdat hy geen formele drama opleiding het nie! En raai gerus waar het Claire (gespeel deur Anna Paquin) nog gespeel... The Piano (Academy Award beste ondersteunende aktrise), X-Men en Almost Famous!
Donderdag, 19 April 2001
- KKNK fotos
Ons eerste KKNK is ook nou iets van die verlede. Dis definitief een van daardie dinge wat mens moet doen. Behalwe vir al die kuns en kultuur is daar ook 'n voedsel- en wynfees wat hoogs aanbeveelbaar is.
Die gratis konserte by die RSG tent het vir baie vermaak gesorg. Ek sou nie andersins geld betaal het om na Theunis Jordaan te gaan kyk nie. En Matthys Roetz lyk nou darem te veel na 'n hoërskoolseuntjie met sy nuwe haarstyl. Ek sou nog graag vir Karla du Plessis ook wou sien, maar dit was nie vir my beskore nie.
Woensdag, 21 Maart 2001
- How stuff works
- Op hierdie website gaan jy leer hoe alles en nog wat werk. Baie interessant.
Dinsdag, 20 Maart 2001
- Tour Durban
29 April 2001- Aangesien die Argus hierdie jaar deur ons vingers geglip het, sal die Tour Durban 'n goeie plaasvervanger wees vir my. Net een vangplek, die spin instrukteur het vanaand opgemerk dat dit tawwer as die 94.7 is...
Sondag, 18 Februarie 2001
- Nuwe Fotos
- Onder andere die maansverduistering en 'n paar raaisels.
Maandag, 12 Februarie 2001
- AATravel
Die volledigste akkomodasiegids vir verblyf in Suid-Afrika. Soeke kan vernou word met provinsie, dorp, pryskategorie en tipe verblyf.
Maandag, 12 Februarie 2001
- Klein Karoo Nasonale Kunstefees
7-14 April 2001Weens 'n sameloop van omstandighede verruil ons hierdie jaar die Argus vir die KKNK. Kaartjieverkope het reeds 9 Februarie begin, maak seker jy mis nie daai spesiale show nie. Die gatsehuise wat op die KKNK webblad aanbeveel word is almal volbespreek. Kyk eerder op die AATravel website hierbo vir alternatiewe plekke in Oudtshoorn.
Woensdag, 24 Januarie 2001
- Kalahari.net
Ek gaan nou probeer geld maak saam met Kalahari.net! Kliek op enige van my boekaanbevelings onderaan Cybersakkie se openingsbladsy, en hulle gee my 5% kommissie as jy die boek koop!
Maandag, 22 Januarie 2001
- The Exorcist
1973, Linda Blair en Max von Sydow o.a.- Ek dink die negatiewe kritiek op hierdie fliek is 'n oningeligte oorreaksie. Spesiale effekte oorheers dialoog in deesdae se rillerflieks. Alhoewel die 70's kleredrag skreeusnaaks was, het ek nog steeds lekker na die dialoog geluister. Die beste kameraskoot was in die openingstoneel waar 'n uit fokus Arabier op die voorgrond tussen twee in fokus Arabiere afgeneem is. Kyk mooi, jy kan dit nie mis nie. Ek het nie nagmerries gekry nie, so dis seker nie só 'n bangmaakfliek nie! O ja, Linda Blair (die twaalfjarige hoofkarakter het vandag 42 geword!).
Donderdag, 11 Januarie 2001
- Om te Breyten resensie deur Johann Kotze
- Classix on CD in Stellenbosch het weer nie teleurgestel nie. Hierdie keer het ek die Om te Breyten CD aangeskaf en is beloon met ure se luistergenot daarna. Volg die link hierbo vir 'n resensie en gaan kry dit dan dadelik by jou CD-winkel!
Woensdag, 10 Januarie 2001
- Nuwe Fotos
- Die afgelope vakansie het ek weer kwaliteit tyd saam met my kamera gespandeer. Gaan kyk gerus vir die nuutste toevoegings.
Daar is ook 'n argief van vorige jare: