Argief 2000
Anyway, Alex Jay
(alias Wat's nuut...)
Maadag, 20 November 2000
- Kaapstad en Restaurant updates
- Fotos
- Noudat daar weer rus en vrede in my lewe is na gister se 94.7 funride, het ek weer kans gehad om fotos te scan en die website op datum te bring. Kyk gerus na die links hierbo, of click op Fotos en Et eet hier op regterkant.
Woensdag, 25 Oktober 2000
- Aardklop 2000
- Fotos
- Enkele fotos van bogenoemde nou op.
Vrydag, 13 Oktober 2000
- MusicMatch Jukebox
- Musiek kodeerder
- Met hierdie program kan jy op 'n maklike en eenvoudige manier jou musiek CD's vir privaatgebruik in MP3 en ander formate omskep.
Maandag, 25 September 2000
- X-Men
- Patrick Stewart (alias captain Jean-Luc Picard van die Starship Enterprise) e.a.
- Blykbaar was dit die mees suksevolle strokiesprent nog ooit gewees. Vir sover dit 'n fliek betref, het ek dit terdeë geniet. Die aksietonele se interessante angle is dat dit steun op die verskillende talente van die mutants. My gunsteling was prof Xavier wat sonder groot hoo-ha in 'n stille tweegeveg met Magneto gewikkel is.
Sondag, 3 September 2000
- Aardklop
- Potchefstroom, 27 September 2000 - 1 Oktober 2000
- Die grootste Afrikaanse kunsfees in die Noorde! Sorg dat julle daar uitkom. Van die musiekhoogtepunte is Sander Vos (vir die wat hom onthou van Oppikoppi '99), Matthys Roets, Eugenie Grobler, Laurika Rauch. Op die teaterfront is daar o.a. 'n verwerking van Boetman is die bliksem in. Verblyf is nog beskikbaar, sien hulle tuisblad vir kontaknommers.
Sondag, 3 September 2000
- Die Swye van Mario Salviati
- Etienne van Heerden
- Die nuutste boek van Etienne van Heerden was 'n plesier gewees. Die storie gaan oor Ingi Friedländer wat op Tallejare aankom om 'n beeldhouwerk te koop en weggaan met die herinneringe van 'n gemeenskap met goudkoors. Die karakters en gebeure is deeglik nagevors en die verhaal se ontknoping op die einde is 'n verrassing.
Dit is te koop by Kalahari.net teen ongeveer R90.
Sondag, 13 Augustus 2000
- auXion.co.za
- Ek het ook nou 'n paar goedjies op veiling! Click hier.
Vrydag, 11 Augustus 2000
- Nuwe fotos
- Besoek gerus die fotoblad vir onlangse fotos by die Jock Cycle Tour en Oppikoppi TREK 2000.
Vrydag, 28 Julie 2000
- Frequency
- Ek het baie van hierdie film gehou. Dit het 'n mate van wetenskapfiksie gekombineer met 'n speurverhaal vol intriges. Die hoofrolle van pa en seun is baie goed gespeel deur Dennis Quaid en Jim Caviezel. Gaan kyk gerus.
Sondag, 23 Julie 2000
- Meet Joe Black
- Een van daardie films wat ek op die kringloop gemis het en hierdie naweek op video geniet het. Dalk 'n goeie ding om die 173 minute eerder in jou eie sitkamer deur te bring! Anthony Hopkins lewer soos gewoonlik 'n kragtige vertoning, Brad Pitt se blonde hare en seunsgesiggie sit my bietjie af. En die hoofaktrise is natuurlik pragtig.
Dinsdag, 11 Julie 2000
- Wenke vir die Jock 150 km Saterdag
- Deur Charles se oplettendheid kan almal deel in wenke vir die Jock Saterdag.
Sondag, 9 Julie 2000
- Countdown
- Op spesiale aandrang van Wimpie is hier 'n countdown na Opppikoppi 2000. Dit is in Javascript.
Maandag, 12 Junie 2000
- Bankmonitor
- Vanoggend op die radio het hulle 'n onderhoud met hierdie webtuiste se skepper gehad. Ek het dit gaan besoek en kan dit aanbeveel as een van die mees gesaghebbende bronne van inlgting oor banke se rente, kostes ens.
Vrydag, 9 Junie 2000
- www.avocado.co.za
- As jy soos ek 'n liefhebber van avokados is, sal jy hierdie website baie geniet! Dis nie baie mense wat weet dat daar eintlik soveel verskillende soorte avokados is nie. My gunsteling avokado gereg is om 'n halwe avokado gevul met maaskaas en 'n plakkie soetmelkkaas bo-oor, in die oond te braai. Mmmmm...
Donderdag, 18 Mei 2000
- Jock Cycling Tour
15 Julie 2000
- Die Jock Cycling Tour is weer vanjaar op 15 Julie vanaf Barberton via Nelspruit en Kaapmuiden. Die 150 km roete is taai, maar dis 'n belewenis om klaar te maak...
Saterdag, 13 Mei 2000
- Sleepy Hollow
Johnny Depp
- Dis 'n heel quaint fliek. Die koppe rol letterlik, maar dis so kunsmatig, dit kan nie gruesome wees nie.
Maandag, 8 Mei 2000
- Boetman is die bliksem in
- Chris Louw (uitvoerende regisseur van Monitor en Spektrum) lewer kommentaar op Dr. Willem de Klerk se boek Afrikaners: kroes, kras kordaatt. Lees die brief hierbo.
Sondag, 7 Mei 2000
- Boiler Room
Ben Affleck, Giovanni Ribisi & Vin Diesel- Hierdie is nou rêrig 'n fliek om aan te beveel. Agterna het ek besef dat aandele spekulasie die tuig was om kommentaar te lewer op die verbruikerskultuur van koop en verkoop. Maar uit 'n ander hoek kan mens jou die vraag afvra of aandele spekulasie enigsins meer moreel is as dobbel in 'n casino? Ben Affleck maak net twee keer sy verskyning, maar sy vertoning is iets uit die dae van Other People's Money. Soos die hoofkarakter se gedagtes gaan, die onderhoud by die J T Marlin was meer soos 'n Hitler Youth Brigade praatjie!
Saterdag, 6 Mei 2000
- Holy Smoke
Harvey Keittel & Kate Winslet- Al wat ek gaan onthou van hierdie fliek is hoe de joos het hulle in die openingstoneel dit reggekry dat die rookwolkie Holy Smoke spel??? Die akteurs probeer hulle bes, maar Harvey Keittel moet mooi dink presies watter rolle hy aanpak. O ja, die Australiese aksente is 'n pyniging, dink maar eers terug aan Crocodile Dundee voor jy dié fliek gaan kyk.
Woensdag, 3 Mei 2000
- Filipynse gyselaarsdrama
- Teen hierdie tyd weet almal seker van die twee Suid-Afrikaners wat gyselaars is op die Filipynse Jolo eiland. Volg die hyperlink hierbo vir 'n bladsy met nuus oor Callie en Monique Strydom.
Dinsdag, 2 Mei 2000
- FirstTuesday
- FirstTuesday is 'n organisasie wat elke eerste Dinsdag van die maand 'n byeenkoms reël vir internet entrepeneurs en ander belangstellendes. Groot was die verrassing toe hulle Marc Shuttleworth van Thawte Consulting as die gasspreker aankondig op Dinsdag se byeenkoms in Gallagher Estate! Dit was insiggewend om na hom te luister, sy idees loop rêrig hulle tyd vooruit. Maar dis seker wat hom onderskei van ander entrepeneurs...
Donderdag, 20 April 2000
- Clio
- Vandag het ek my Renault Clio gekry. Sodra die fotos ontwikkel is sal daar 'n update verskyn.
Saterdag, 15 April 2000
- 2 Pianos and 4 Hands
- Rex Garner teater in die Alhambra vanaf 14 April 2000
Tobie Cronje
- Een van die resensies sê dat jy dit sal geniet al het jy net een klavierles in jou lewe gehad. Ek het dit geniet sonder enige klavierlesse ooit! Wie sou nou kon dink dat Tobie Cronje so tuis is agter 'n vleuelklavier? Ongelukkig kan ek nie sy mede akteur onthou nie, maar saam het hulle vir 90 minute se onvergeetlike vermaak agter die twee klaviere gesorg. Gaan kyk dit gerus.
Woensdag, 12 April 2000
- The Cider House Rules
Charlize Theron en Michael Caine
- John Irving het self sy boek na die screenplay verwerk. As mens egter al sy The World according to Garp of The Hotel New Hampshire gelees het, is hierdie film 'n effense anti-klimaks. Dis egter nie te sê dis 'n swak film nie, inteendeel, gaan kyk dit gerus. Charlize Theron het my egter geïrriteer. Veral in die toneel na Rose se aborsie was haar woordjies maar taamlik flou.
- Die film fundi's (ja Ferdi, jy!) moet uitkyk vir John Irving se cameo rol as die stasiemeester op die St. Clouds stasie aan die einde van die film. Hy het ook in The World According to Garp 'n cameo rol gahad as 'n stoei-afrigter.
Sondag, 2 April 2000
- The Talented Mr Ripley
Matt Damon & Gwynneth Paltrow- Dit was nogals 'n lang twee ure om deur te sit, maar die Italiaanse tonele het dit darem die moeite werd gemaak. Die fliek sukkel om sy storie te vind en kom stadig aan die gang. Ek sal dit nie aanbeveel nie.
Dinsdag, 21 Maart 2000
- Beste van Bos
Stef Bos- Hierdie CD is my mees onlangse aankopie uit die Kaap. Koop dit gerus as, jy sal nie teleurgesteld wees nie. Veral 'n baie goeie weergawe van Onder in my Whiskyglas. Beskikbaar by Classix on CD, Stellenbosch; of bestel deur die internet by www.afrimusik.com
Maandag, 20 Maart 2000
- The Insider
Al Pacino- Met sewe Oscar nominasies onder die arm is hierdie 'n fliek om mee rekening te hou. Soos gewoonlik is Al Pacino se spel 'n kragtoertjie op sy eie. Vir my lê die film se bekoring daarin dat dit 'n adapted screenplay is, met ander woorde dit is gegrond op ware gebeure. En dit ontaard nie in 'n sedeprekie nie, alhoewel die boodskap baie goed deurkom.
Dinsdag, 23 Februarie 2000
- B&H FILM FESTIVAL
- The Siege
- The Siege is 'n baie goeie film met meer as 'n anti-terrorisme boodskap. Dit wys weer dat die skending van basiese menseregte 'n misdaad teen mense is wat nie geregverdig kan word nie.
- Die B&H Film festival in Johannesburg is nou ongelukkig verby, maar vir Kapenaars lê dit nog voor van 9 - 29 Maart 2000.
Woensdag, 9 Februarie 2000
- Gewysigde Argus Roete
12 Maart 2000- Die Argus De-Tour is weer gewysig. Click hierbo vir volledige besonderhede. Die nuwe roete is korter en aansienlik makliker as die aanvanklike De-Tour.
Saterdag, 5 Februarie 2000
- Dogma
Fliek van View Askew
met Matt Damon en Ben Affleck- Indien die waarskuwing wat op die skerm opkom voor die film begin op jou van toepassing is, moet jy nie eers waag om verder te kyk nie. Stap dadelik uit. Maar as jy oopkop na 'n film kan kyk sal jy dit geniet. Veral vir aanhangers van ander Kevin Smith films soos Chasing Amy en Clerks. Lees meer oor Dogma in die amptelike webblad.
Sondag, 23 Januarie 2000
- Argus Cycle Tour
12 Maart 2000 - Nuwe Roete- As gevolg van die Chapman's Peak rotsstortings en Kaapse veldbrande is die Argus-roete aansienlik gewysig (en 15 kilometer langer). Besoek die website hierbo vir die kaart en roetebeskrywing.
Donderdag, 20 Januarie 2000
- Weskus fotos
Desember '99- Die eerste groot update van die jaar is ons Weskus vakansiefotos op die fotoblad.
- Hopelik kan dit nog mense motiveer om daardie pragtige onontdekte deel van ons land te besoek.
Donderdag, 13 Januarie 2000
- The Red Violin
- Hierdie rolprent is 'n baie goeie manier om die jaar se fliekgenot af te skop. Vir my was dit veral 'n tegniese meesterstuk met die verskillende mileus wat uitgebeeld word. Samuel L. Jackson het dit goed afgerond met 'n tipiese Amerikaanse karakteruitbeelding.
- Gaan kyk gerus, dit lyk of dit merendeels op die Cinema Nouvaeu kringloop vrygestel sal word.
Daar is ook 'n argief van vorige jare: