Argief 1999
Anyway, Alex Jay
(alias Wat's nuut...)

ball44Dinsdag, 7 Desember 1999

CIA World Factbook 1999
 
Die mees uitgebreide website om inligting oor enige land ter wêreld te bekom. Die CIA se unieke uitgangspunt is, bo en behalwe 'n horde ander inligting en kaarte, om ook te sê vir watter dwelms 'n land 'n afsetpunt is.

ball44Dinsdag, 7 Desember 1999

Gemorspos
 
My alternatiewe website. Jy kan die multimedia op eie risiko download by die werk. Moet net nie op my skouer kom huil as jou aartsvyand dit sien en jou by hoër gesag aangee nie...

ball44Donderdag, 11 November 1999

Telkom se diens
 
Ek het onlangs 'n tjekkie in die pos van Telkom gekry om dit wat ek in Mei 1998 te veel betaal het, terug te gee. Gaan kyk na die 'evidence'!

ball44Sondag, 31 Oktober 1999

Kalahari.net
 
Vir almal wat nog nie van Kalahari.net gehoor het nie, dit is die Suid-Afrikaanse ekwivalent van Amazon.com. En vir die volgende week van 31 Otober tot 6 November 1999 het hulle 50% afslag op al hulle boeke! So word berig in 24.com se nuusbrief, NetNuus. Gaan kyk gerus of daar enige waarheid daarin steek...

ball44Vrydag, 24 September 1999

Et se Eetplekke
 
Hierdie nuwe bladsy op Cybersakkie maal al vir 'n lang ruk in my kop rond, en openbare vakansiedae gee die nodige kreatiewe inspirasie om sulke projekte aan te pak. Op die oomblik is The Ant en De Backery daar. Sodra ek fotos geneem het van Cool Runnings op die hoek van Mainweg en Vierdelaan, Melville gaan dit bygevoeg word. Hou hierdie spasie dop vir meer (en ja, jy kan Et se Eetplekke bereik vanaf die menu hier links).

ball44Woensdag, 1 September 1999

Aardklop '99 (Potchefstroom)
29 September - 3 Oktober 1999
Dit lyk of Cybersakkie besig is om te ontaard in 'n vertoonkas vir ons plaaslike talent! As laasjaar se Aardklop enigsins 'n maatstaf is, kan ons groot dinge te wagte wees einde van die maand. Kyk gerus uit vir Monitor wat hulle 25ste bestaansjaar vier, SAA gaan met hulle borgskap al die buitelandse korrespondente invlieg. Dan kan ons uiteindelik die gesig agter stemme soos Tossie Lochner sien...

ball44Woensdag, 11 Augustus 1999

Oppikoppi '99
 
Die fotos van hierdie jaar s'n is op, gaan kyk gerus. Volg die link hierbo, of click op fotos in die menu links.

ball44Woensdag, 21 Julie 1999

Oppikoppi '99
 
Van 6 tot 9 Augustus gaan die Bosveld in Northam se wêreld weer eens weerklink met van ons beste plaaslike talent. Die hyperlink hierbo vat jou na die lewendige webcams wat 'n paar dae voor die musiek begin reeds sal uitsaai om te wys hoe kom die stages in wording. Maar die beste is nog steeds om jou kaartjie te gaan koop en self daar te wees!

ball44Dinsdag, 15 Junie 1999

Forces of Nature
 
Ben Affleck speel 'n baie prim en proper jong man, op die punte om te trou, teenoor Sandra Bullock, ietwat van 'n vry gees. Elke moontlike ramp tref hom oppad na sy troue in Savannah, met baie komiese gevolge. Lekker fliekvermaak as jy 'n wye draai om die aksiekringloop wil gooi.

ball44Sondag, 13 Junie 1999

Europese toer '99
Reisdagboek
Soos belowe het ek nou begin met die kronieke van ons Europese vakansie. Dis nog erg in aanbou, maar sal sterk vorder sodra ek my scanner gekoop het...

ball44Sondag, 9 Mei 1999

Nuwe fotos
Cybersakkie fotoblad
Na 'n lang afwesigheid het ek gou 'n paar fotos bygesit. Ek gaan vir 'n paar weke uitstedig wees, en Cybersakkie sal so bietjie stilstaan...

ball44Sondag, 11 April 1999

The Legend of Clapton
Bryanston Blues
Hierdie uitvoering moet ten alle koste vermy word. Ek het lank laas so 'n amateuragtige versameling karikature bymekaar gesien. Dit was reeds vroeg duidelik dat die "hoofsanger" se stem blote opnames is, en dan nie eens van die oorspronklike Clapton nie. En teen R50 per persoon was dit 'n duur manier om na tweedehandse musiek te luister.

ball44Vrydag 26 Maart 1999

Vote Abroad
http://www.travel-international.com/vote-za/petition.html
Die regering het besluit dat Suid Afrikaners wat oorsee is ten tyde van die Verkiesing op 2 Junie 1999 van hul stemreg ontneem word. As jy sterk voel daaroor dat oorsese Suid Afrikaners mag e

ball44Dinsdag, 23 Februarie 1999

SUNSAT lansering
http://sunsat.ee.sun.ac.za/
Veels geluk Maties! Vandag om 12h29 (RSA tyd) is die Universiteit van Stellenbosch se satelliet gelanseer. Nou is Suid Afrika ook deel van die eksklusiewe groep lande wat die buitenste ruimte betree het. Lees alles daaroor by hulle website hierbo.

ball44Maandag, 15 Februarie 1999

SA Computer Magazine Toekenning
www.sacm.co.za
Vandag kry ek toe my goeie vriend Martin vir lunch in die stad. Hy het in Februarie se SA Computer Magazine op bl 81 gesien dat hierdie einste website erken word as een van die
"...best Afrikaans sites on the Net...". Neem dus kennis, jy kyk na een van die beste...

ball44Donderdag, 4 Februarie 1999

VIRTUAL BREATHALIZER
www.transport.gov.za/projects/arrive/vbreath.html
In vandag se dae kan jy nie bekostig om met meer alkohol in jou bloed as wat die wettige limiet (0.05) toelaat nie. Hierdie website behoort eintlik in elke pub te wees. Jy vul eenvoudig in hoeveel drankies jy gehad het, jou massa, geslag en die tydsbestek waarin jy gedrink het. Voila, oombliklik is daar 'n beraming van die alkoholvlak in jou bloed, asook hoe lank na daai loopdop jy binne die wettige limiet kan bestuur!

ball44Woensdag, 27 Januarie 1999

WOMAD
www.womad.co.za
Uit lojaliteit teenoor my tuisdorp moet ek noem dat die World of Music, Arts and Dance Festival hierdie jaar in Benoni gehou sal word. Dit is 1981 deur Peter Gabriel in Amerika begin, en is sedertdien jaarliks in 'n ander land aangebied. Onder andere kan Johnny Clegg, Just Ginger en Hothouse Flowers gehoor word. Hou dus die naweek van 12-14 Februarie oop om jou kulturele horisonne te verbreed. 'n Kaart met aanwysings is te sien op hulle website, maar volg hierdie skakel vir baie meer inligting oor wie wat gaan doen!!!

ball44Vrydag, 22 Januarie 1999

Pleasantville

www.pleasantville.com
Aan die einde van Pleasantville het dit skielik tot my deurgedring: hierdie was die vierde film in 'n ry met 'n bykans identiese sentrale tema, nl. 'n geslote omgewing wat paralel bestaan met die realiteit soos ons dit ervaar. Die grootste ooreenkoms is met die Truman Show, en dan ook What dreams may come en die minder onlangse Dark City.
Is dit moontlik dat die Amerikaanse xenofobie van die 1930's 'n oplewing ervaar binne die rolprentwêreld? Daar is egter 'n verdere ontwikkeling, en dit is dat verandering onafwendbaar is en 'n blywende merk laat op die manier waarop dinge gedoen word. Laat weet my as enigiemand anders ook hierdie ontwikkeling waargeneem het.

ball44Vrydag, 1 Januarie 1999

DiMalachite
www.guesthousereservations.co.za/DiMalachite/
Die hoogtepunt van die afgelope vakansie was riverrafting by DiMalachite, 'n vakansieoord op die walle van die Vaalrivier naby Parys. 'n Moet vir onervare riverrafters, die ergste rapids is Graad 3, maar 'n goeie begin vir dié wat ernstige white waters wil aandurf in die toekoms!

Argief 2002

Argief 2001

Argief 2000

Argief 1999

Argief 1998