Argief 1998
Anyway, Alex Jay
(alias Wat's nuut...)
Vrydag, 18 Desember 1998
What dreams may come
- Dié film, met Robin Williams in die hoofrol, is verlede week uitgereik. Die sentrale tema is hoe die lewe na die dood daarna gaan uitsien. Dit is visueel baie grafies uitgebeeld, en mag ontstellend vir sekere fliekgangers wees. Indien jy egter in iets anders as die hoofstroom films belangstel, beveel ek dit sterk aan. Wees egter gewaarsku, dit is emosioneel gelaai met roerende oomblikke!
![]()
Dinsdag, 1 Desember 1998
- Argus 105 Cycle Tour - 14 Maart 1999 (www.cycletour.org.za)
Hierdie Argus word bemark as die laaste een voor die draai van die milennium, en dit gaan definitief 'n hoogtepunt wees. Daar is egter drie groot veranderings:
1. Computer chip timing instede van barcode timing
2. Die eindstreep is steeds by Maidens Cove, maar die karnaval area is by Green Point Common.
Onthou om voor 15 Januarie 1999 in te skryf!
![]()
Dinsdag, 1 Desember 1998
- BLOEDSKENK
- Noudat ek vanaand bloedgeskenk het, reken ek dis 'n goeie idee om almal wat my tuisblad besoek aan te moedig om dieselfde te doen. Onthou, bloed is soos 'n valskerm, as dit nie daar is wanneer jy dit nodig het nie, sal jy dit waarskynlik nooit weer nodig kry nie...
![]()
Sondag, 22 November 1998
- HIGHVELD 94.7
- SLOWMAG CYCLE CHALLENGE
- Die tweede keer wat hierdie pretrit aangebied word: 94.7km se swoeg en sweet... Moenie beplan om Sondag in jou kar in Johannesburg rond te ry!
Donderdag, 5 November 1998
- BELANGRIKE AANKONDIGING!
- Maandagaand 9 November 1998 om 21h00 saai Radio 5 regstreeks van Stockholm af 'n R.E.M. konsert uit. Dit sal ter bekendstelling van hulle nuwe album wees, die eerste sedert New Adventures in Hi Fi in 1996 uitgekom het. Moenie dit misloop nie!
- Luister regstreeks daarna op die internet by 5FM se website: http://www.5fm.co.za/ra/fr_ra.html
Maandag, 2 November 1998
- RAU Universiteitskoor sing Ariel Ramirez
- RAU se skemerkonserte is 'n gereelde instelling, en hierdie Maandagaand het hulle weer eens gesorg vir luide applous. Die hoof aantrekkingskrag op die program was die Misa Criolla, maar 'n Laplandse liedjie, Jaako Mänty Järvi het vir ligter vermaak gesorg. Indien daar geleentheid is, maak seker dat jy die RAU koor gaan luister!
Sondag, 25 Oktober 1998
- Mona Lisa Overdrive (William Gibson, 1988)
- Die derde boek wat uit William Gibson se pen gekom het, kort op die hakke van Neuromancer en Count Zero. Vir die oningewydes, Gibson het in 1984 die wêreld bekendgestel aan Cyberspace, oftewel, The Matrix. Sedertdien het verskeie skrywers hulle karakters in cyberspace tuisgemaak, maar Gibson sal altyd die vader daarvan bly.
- Mona is jou tipiese straatkind. Lewe van prostitusie, en afhanklik van haar pimp. Tot Sense/Net besluit sy gaan hulle soapie-ster, Angie Mitchell se opvolger wees... Vinnige aksie, met ou bekendes soos Molly, die Finn en Lady 3Jane van die Tessier-Ashpool familie wat hulle verskyning maak.
- Probeer om egter ten minste eers Neuromancer te lees voordat hierdie boek aangepak word. Want die wat in die Matrix verdwaal ...
Vrydag, 16 Oktober 1998
- The Truman Show (www.trumanshow.com)
- Die skepper van die Truman Show is Christof (toevallig ook my tweede naam!). Het hy 'n obsessie met mag, of is sy motief om geld te maak? Watter een van die twee ook al, sy korporasie het 'n baba aangeneem, en dié se hele lewe as 'n lewende soapie wêreldwyd op T.V. uitgesaai.
- In een van die tonele wat uitstaan, kondig Christof aan dat die Truman Show se hoogste kyksyfers juis behaal is nadat dit vir die eerste keer ooit van die lug afgegaan het, en net 'n toetssein uitgesaai is.
- Hierdie film is 'n moet, en die storielyn uniek. Nogals verfrissend, juis omdat dit nie 'n resep volg nie.
Argief 2001
Argief 2000
Argief 1999