TERUG NA WWW.CYBERSAKKIE.CO.ZA

Wat's nuut


ball44Woensdag, 31 Augustus 2005

Nou is Augustus amper op sy rug en ek kom agter dat daar die afgelope maand geen updates op hierdie bladsy was nie. Al wat ek kan sê is dat die potgooie soveel inligting bevat dat ek heeltemal vergeet het om hierdie gedeelte te update.
 
Ek het ekstra webspasie by godaddy.com gekry wat binnekort aktief behoort te wees. Dan sal ek uiteindelik al die webbladsye (wat op die oomblik oor 5 hosts versprei is konsolideer op een plek. Laat asseblief weet as enigiemand op dead links afkom.
 
En wie weet, dalk kry Cybersakkie binnekort 'n nuwe baadjie as ek Wordpress aan die werk kan kry by my nuwe host!
 

ball44Saterdag, 30 Julie 2005

Cyberpod 6
 
Ek het 'n paar links belowe op gisteraand se podcast. Hier is dit:
 
Podsafe musiek:
http://spaces.msn.com/members/soundblog/Blog/cns!1pXOS7l93k8mqeQ7FlEEmOSQ!907.entry
 
American copyright registration:
http://www.music-law.com/registercopyright.html
 
Branding
http://ries.typepad.com/ries_blog/2004/12/biggest_brand_w.html
 
Geskiedenis van die iPod:
http://www.ilounge.com/index.php/articles/comments/instant-expert-a-brief-history-of-ipod/

ball44Vrydag, 8 Julie 2005

Podcasting (weer eens...)
 
Dis nou amptelik, ek is verslaaf aan podcasts. Vir my het podcasts die internet "portability" gegee. Nou kan ek dit wat ek aflaai saam met my bed toe vat of in die kar luister. Elke keer wat ek nuwe podcasts soek kom ek op 'n goeie een af en vanaand se aanbeveling is The Law and IT wat op ITConversations gepubliseer word.
 
My eie podcast se RSS feed is nou mooi glad geskaaf en daar is reeds vier volledige podcasts gepubliseer.
 
My ander groot upgrade vanaand was na iTunes 4.9 wat ingeboude podast functionality het. Wat 'n plesier! Die brug tussen internet downloads en portable devices is gebou. Ek kan my podcasts bed toe vat, in die kar luister of op die PC.

ball44Vrydag, 1 Julie 2005

My Podcast
 
My Afrikaanse podcast het op 28 Junie 2005 die lig gesien. Lees hoe om dit af te laai op die hoofbladsy van Cybersakkie.

ball44Vrydag, 10 Junie 2005

http://www.podcast.net/
 
Gisteroggend op SAFM luister ek na 'n BBC program oor Podcasting. Dat so iets al ses maande bestaan voor mens daarvan te hore kom is ongekend in vandag se dag en datum. Basies is dit die toekoms van radio op aanvraag, jy laai jou eie program af om in jou eie tyd te luister op jou iPod. Hierbo is 'n link na 'n directory van podcasters.
 

ball44Dinsdag, 31 Mei 2005

Ons DSL lyn is vandag geïnstalleer. Daarmee saam het Tiscali strydig met die inligting wat hulle vooraf aan my gegee het, my home.global.co.za/~edeheus webspace van die lug afgehaal. Gevolglik moes die hele Cybersakkie skuif na 'n ander adres. Dis 'n onmenslike taak om al die links in die argiewe na te gaan en reg te maak, verskoon dus die dooie links. Dit behoort egter nie te moeilik te wees om die bladsye op die main menus weer op te spoor nie.

ball44Saterdag, 21 Mei 2005

Gedagtes na Dana Snyman se boekvoorlesing by die boekehuis.

ball44Naweek van 29 April tot 2 Mei 2005

Ons Arniston wegbreek, gaan kyk gerus op die fotogallery vir die fotos. In Bredasdorp is dit 'n moet om die Fiksie en Fantasie boekwinkel by Kerkstraat 34 te besoek. Ek het 'n eerste uitgawe Audrey Blignault (dis mos haar tuisdorp) van 1969 daar aangeskaf. Die Zoetendal wynplaas is ook 'n besoek werd. Maar die hoogtepunt vir my was Elim, dis 'n fotografiese paradys, in sekere opsigte het ek dit selfs meer as Kassiesbaai in Waenhuiskrans geniet.

ball44Naweek van 23 & 24 April 2005

Saterdag het die Heritage Trust 'n CBD toer oor die Government Precinct Plan aangebied. Die Stadsraad beoog om 10 geboue rondom die stadsaal te sloop ten einde 'n groot park (geplavei!) te skep. Baie van die geboue het groot historiese waarde (onder die ou bedeling gehad), maar sal moet plek maak vir simboliese oop ruimtes vir die people onder die nuwe bedeling.
 
By Zoo Lake is daar reeds groot oop ruimtes vir die people en hulle honde. Dis nou waar ons vir Mathilda en Pablo Sondag geneem het vir die Zoo Lake 4km walk. En natuurlik breakfast by Moyo vir ons agterna.

ball44Saterdag, 9 April 2005

Fax2Email
My nuutste tegnologiese ontdekking op die web. Registreer vandag nog jou absolute gratis persoonlike faksnommer wat die fakse direk na jou e-mail adres stuur.

ball44Saterdag, 19 Maart 2005

Million Dollar Baby
Noudat ek deur my werk ook by boks betrokke is, kon ek meer aanklank vind by die boksmileu. Niemand sê mens voor die tyd dat hierdie eintlik 'n hartseer fliek is nie. Clint Eastwood verdien sy Oscar deur en deur.

ball44Sondag, 27 Februarie 2005

www.militarymuseum.co.za
Net agter die dieretuin in Saxonwold, Johannesburg is daar 'n vreeslike groot monument met 'n arend bo-op. As jy by die ingang in Erlswold laan ingaan sal jy die SA Nasionale museum vir militêre geskiedenis vind. Dis definitief die moeite werd, kyk uit vir die wêreld se eerste straalvliegtuig.

ball44Maandag, 14 Februarie 2005

www.cybersakkie.co.za
Dis tyd vir 'n nuwe, meer permanente, adres. Die inhoud is dieselfde, net 'n nuwe baadjie.

ball44Vrydag, 4 Februarie 2005

www.google.co.za
 
In Afrikaans, Engels, Xhosa, Sesotho en isiZulu. My persoonlike gunsteling is die kansvatterkortpad!

ball44Woensdag, 2 Februarie 2005

Ek is sedert 1 Februarie in diens van Stan Fanaroff & Associates in Rosebank, Johannesburg.

ball44Saterdag, 22 Januarie 2005

Apple Mac Mini
 
Wie gaan vir my een koop?

ball44Donderdag, 20 Januarie 2005

Goya Merlot Cabernet 2003
 
Verkrygbaar by Shoprite Checkers teen 'n baie billike prys. Uitstekend.

ball44Donderdag, 20 Januarie 2005

FireFox web browser
 
Hierdie web browser is 10 keer beter as die een waarmee Microsoft die wêreld mee vermoei. My website laai baie vinniger (-;

ball44Saterdag, 8 Januarie 2005

Touch of Spice (Cinema Nouveau)
 
Die storie van die Turkse Grieke: hulle deportasie uit Konstantinopel, en die lief, leed en kos daarna in Athene. Hierdie fliek laat mens optimisties voel oor wat kan kom in 2005.

ball44Vrydag, 7 Januarie 2005

Amerika 2004
 
Ek en Ané was na Amerika in Desember 2004. Hierdie bladsy is eintlik 'n website op sy eie.

Daar is ook 'n argief van vorige jare:
 
Argief 2004

Argief 2003

Argief 2002

Argief 2001

Argief 2000

Argief 1999

Argief 1998