Potgooi#194 – Agenda

Voetnota
Die permalink na die Afrikaanse Gautrain

Ek vermoed Google outsource translate na Indië…

Inge en die skaap

Potgooi #193 – Best of 2011

CS Potgooi#192 – Lost City

CS Potgooi #191 – SPJ

CS Potgooi #190 – die ou dae

Potgooi #189 – Sintuie

Die Gautrain van Rosebank na Hatfield

Die langverwagte Gautrain lyn van Rosebank na Hatfield het die afgelope Dinsdag, 2 Augusus 2011, oopgemaak en natuurlik kon ons nie wag om saam met die hordes locals te gaan treinry nie. So vanoggend 11 uur het ons Inge in die kar gelaai, Pablo en Galina gegroet, en die pad gevat na Rosebank stasie.

Tussen my en Ané het ons nou al ‘n hele paar ritte op die lughawe link agter die blad en die ervaring was baie bekend, maar nog steeds opwindend, want ons het jare hiervoor gewag. Ek het 6 jaar gelede in Rosebank gewerk toe ons blaadjies by die kantoor gekry het met inligting oor paaie wat gesluit gaan word om die treintonnel en stasies te bou. En nou is dit hier. Te goed om waar te wees.

Nou ja, vir die wat wonder oor treinry of nie, hier is die rundown. Jy koop jou goue kaart vir R10 of gebruik die een waarmee jy lughawe toe gegaan het van Sandton af. Dan swipe jy jou kaart by die parkade ingang – as jy treinry kos parkering R10 in plaas van R80. Die Rosebank stasie is klein met net 2 masjiene om te herlaai, dis nou behalwe die kaartjietoonbank waar iemand dit vir jou sal doen. Oor naweke is daar elke halfuur ‘n trein, maar in die week meer gereeld, ek dink omtrent elke 12 minute.

Die rit Hatfield toe kos R46 met ‘n single pass, afslag vir die wat 7 dag of 35 dag ritte koop. Ons moes met die gaan oorklim op ‘n ander trein by Sandton stasie, maar met die terugkom was dit dieselfde trein heelpad.

Die liggings van Rosebank en Hatfield stasies is vir my beter as Sandton stasie. In Sandton moet jy nogals ver stap om by die middedorp te kom, maar in Rosebank is die stasie reg oorkant die Zone shoppoing centre en in Hatfield is dit ‘n blok se stap van die middedorp af. Ons het ook verby Midrand, Centurion en Pretoria stasies gery en dit lyk of daardie drie stasies ook nogals ‘n hele ent se stap van die sakesentrum af kan wees. Hou maar in gedagte dat al die Gautrain stasies busse het wat jou verder vat, in Rosebank kan jy byvoorbeeld ‘n bus vat na Hyde Park of Melrose Arch se sshopping centres. Die busdiens ry egter slegs weeksdae, moet dus nie jouself op ‘n naweek die moeite doen om te wag vir die bus wat nie gaan kom nie.

Is dit ‘n ekonomiese alternatief? Definitief. Johannesburg na Pretoria retoer is 130km wat met my 2L outomatiese Suzuki op meer as R130 gaan uitwerk net vir petrol, teenoor die R46 x2 + R10 parkering = R102. Die gerief is prysloos, 37 minute op ‘n trein in plaas van 1-2 uur in jou kar in die verkeer. En daar was heelpad ordentlike 3G vir internet op die iPad. Die tyd wat die trein ondergronds ry sonder 3G is minimaal.

Daar is net een ding wat my nog steeds pla. As jy jou kaart geswipe het, mag jy nie verder eet of drink op die stasies en die treine nie, of jy kry ‘n R700 boete. En wat is nou lekkerder as ‘n ou wegneemkoffietjie terwyl jy vir die trein wag?

CS Potgooi #188 – Water en elektrisiteit

CS Potgooi #187 – Tyd?