Die begin van Cybersakkie

In 2005 het ek voor die druk van my mede potgooiers (dankie Boerseun) geswig en op groot skaal die www betree met my eie domain by GoDaddy.com asook ‘n WordPress blog en ‘n Coppermine fotogallery.

Maar die nederige begin van Cybersakkie was in Oktober 1998 met ‘n HTML website wat ek met die hand geprogrammeer het by die destydse Global ISP se 10MB gratis webspasie (deesdae het ek meer as 6GB by Godaddy). Meer vir nostalgie, as enigiets anders, het ek die ou webwerf soos hy in 2005 gelyk het, voor die WordPress migrasie, opgelaai by hierdie adres:

LINK NA OU CYBERSAKKIE