Naweek weg na die renosters

Met laasweek se langnaweek het Ane voorgestel dat ons kampeer en ek het besluit op Ngomo Lodge – grotendeels omdat die tente permanent was met en suite badkamer en kombuis met microwave en kragpunte. Maar geen selfoonsein nie…

Die Ngomo Lodge vorm deel van die groter Rhino & Lion Reserve. Dit was natuurlik ook ‘n opvoedkundige uitstappie vir Inge om die eerste keer in haar lewe so baie wilde diere te sien wat wild rondloop. Wie weet of daar nog renosters gaan wees as sy klaar is met skool?

Die Wondergrotte is op dieselfde reservaat gelee en dit is die moeite werd om vroeg te gaan voor die skares arriveer. Ons toergids, Kim, was bloedjonk, maar baie oulik en geduldig met Inge wat saam al die trappe en die hysbak moes afgaan. Ek beveel die brekfisrolletjies en koffie by die kafeteria sterk aan – net die ding na mens grotte gekyk het 9 uur in diie oggend.

Die lion feeding was egter ‘n anti klimaks – hulle drom so saam rondom die arme karkas dat jy net sterte sien. Nie eers die moeite werd om ‘n foto te plaas nie alhoewel al wat ‘n toeris tougestaan het met hulle karre om te loer.

Die beste van alles – dis minder as ‘n uur se ry van Johannesburg af!

Leave a comment