Chocolate

Ek hou van sjokolade. Goeie sjokolade. Daar was ‘n tyd in my lewe wat goeie sjokolade Cadburys (versus Nestle of Beacon) was. My smaak het gevorder na Lindt. Maar na Patagonië, Argentinië is al hierdie variëteite power mededingers. Want eintlik is enigiets anders as sjokolade uit Bariloche/El Calafate maar net gestolde kakao gegeurde melk. Sjokolade is iets anders.

Probleem is dat ek na ‘n lank soektog nie goeie sjokolade in Johannnesburg kon opspoor nie. Ek het wel ‘n goeie idee gekry van sjokolade pryse in my soektog. So, hier is die run down:

1. Cadburys = R72 / kg
2. Geldof = R199 / kg
3. Lindt = R314 / kg
4. Chocolate Cafe (Sandton City) = R1500 / kg

Die sjokolade in Patagonië wissel tussen R175 / kg – R230 / kg. Daar is sjokolade supermarkte op elke straathoek in Bariloche. In El Calafate is daar meer intieme winkels wat al vir dekades deur ‘n familie bedryf word.

Sjolokade in Patagonië link

Nog ‘n mening oor sjokolade

Chocolate

Sjokolade in Bariloche

2 Comments

  1. Boerseun:

    Dit lyk so lekker! Ek het die week die eeste keer Lindt met see sout en red pepper probeer en wow, dit is nie net hype nie, baie lekker.

    Jy weet nie dalk waar familie in SA kan mascarpone kaas in die hande kry nie?

  2. cybersakkie:

    Mascarpone is baie algemeen en jy kan dit omtrent by enige Spar of Pick & Pay in die groot stede kry. Klink vir my of daar ‘n Tiramisu oppad is!

Leave a comment