CS Potgooi #177 – Life or death

2 Comments

  1. Gogga:

    haai, jy het nie eers baai gese nie.
    Ek dink lewe en dood is ‘n onderwerp wat na aan ons bestaan is en maak nie saak waar dit gebeur nie sal dit mens laat dink.
    Jy deel jou lewe met jou troeteldiere en hulle lewens maak ‘n impak op jou lewe.

    Ek het nou die dag iets amper dieslefde gewonder nadat ‘n goeie vriendin se ma dood is in ‘n karongeluk in SA en ek kon nie lekker verstaan hoekom ek so hartseer was oor ‘n mens wie ek nie rerig geken het nie. My gevolgtrekking na a diep dink sessie was dood in alle vorms affekteer ons omdat dit ‘n realiteit is wat ons van klein tyd af nie leer verstaan nie.Dit bring ‘n unieke stel emosies na vore wat ons nie rerig kan verstaan nie maar deur omstandighede moet aanvaar sonder antwoorde.

  2. Charles:

    Dis baie moeilik. Toe my oupas en oumas dood is kon ek nie altyd my ouers se reaksie verstaan nie. Nou besef ek ek is so oud soos my ouers toe hulle ouers dood is en nou verstaan ek.

    Die ander ding waaroor ek nou baie dink is dit. Hoe anders dit is om net iemand te verloor, sonder waarskuwing en om te weet iemand is siek en gaan agteruit en mens verwag die dood. Ek dink in laasgenoemde geval is dit moeilik as mens weet wat gaan gebeur, maar ek vermoed dit is makliker om na die tyd closure te kry. Mens het ook tyd om te se wat mens nodig het om te se.

Leave a comment