KLIA II
HIer is ons weer – wagtend by gate 36 om terug te keer na ORTIA. Die amper 3 dae hier in KL was ‘n mallemeule van shopping en sightseeing. KL is warm en bedompig. Lugversorging is so alledaags soos water in die krane en almal kan goed Engels praat. Die pryse van elektroniese produkte is ten minste 30-40% minder en oor die algemeen is die lewenskoste goedkoper maar bietjie duurder as in Viet Nam. Die hoogtepunt vir ons was ongetwyfeld die Batu grotte waar ‘n groot Hindu tempel gebou is.
Maar soos alle goeie dinge is hierdie vakansie nou ook op ‘n einde en l^e daar nog net ‘n 10 uur vlug huis toe voor.
Leave a comment