HOI AN

Danksy UNESCO se verklaring van Hoi An tot ‘n wereld kulturele erfenisgebied, is daar genoeg fondse beskikbaar gemaak om die oorlogskade amper volkome te herstel. Dit is ook die sy en kleremaak hoofstad van Viet Nam waar jy letterlik dieselfde dag n stel klere kan laat maak. En in tipies Oosterse styl is die mees onlangse katalogusse van die vernaamste Europese modehuise byderhand om jou te help in jou keuse van n snit.
Hoi An is ook die plek om jou aandenkings by te koop. Jy kan kies tussen chopsticks stelle, hout besigheidskaartjie houers, T hemde, skilderye en nog meer. Die plaaslike Hoërskool is bekend omdat Ho Cho Min (die Vietnames volksheld) daar skoolgegaan het.
Dit is nie die moeite werd om die 5 site ticket te koop nie. Die kans dat jy meer as 2 of 3 sites gaan besoek is maar skraal. Wat jy eerder kan doen is om ‘n fiets of skoeter rit te neem na die nabygeleë strand. Mens moet dit ervaar om self deel wees van die Vietrnamese verkeer op straat, onthou net om so naastenby aan die regterkant van die pad te hou.

Leave a comment