Hûe

Die pols van Viet Nam se imperiale hoofstad klop stadiger as Hanoi. Om hier te kom het ons die Reunification Express trein se slaapwa geneem. Die karakters in my Stephen King audiobook het oor die loop van die 6 ure wat ek geluister het, al meer in die knyp gekom. Teen 4 uur die oggend was dit egter tyd om hulle n ruskans te gee terwyl ek verlore slaap probeer inhaal het.
Hue het erg deuregeloop in die Amerikaanse oorlog, maar die afgelope paar dekades het UNESCO en ander internasionale organisasies baie geld hier ingesit om die Citadel en ander historiese plekke te restoreer. Dis hartseer as mens sien hoe n oorlog n land se historiese naletenskap kan vernietig.
In die dorp self is n besoek aan Phom Ngu Lao straat n moet. Ons whet daarop afgekom met ons besoek aan La Carambole restaurant (hoogs aanbevole). Terwyl Ane in Hue Silk n paar uitrustings uitgesoek het, whet ek alleen in die straat afgedwaal en nie minder nie as 3 aanbiedings van dames van die nag se pimps te beurt geval. n Kerel op n skoeter whet n girl se boud gegryp en daar is vir my mariuana aangebied.
Hue se swak punt is die weer. Dis nat en koud. Maar afgesien daarvan n baie gesillige plek om rond te loop.

One Comment

  1. Charles:

    Ek neem aan jy het nog nie items op jou wishlist gekoop nie, want ek sien niks fotos nie…

Leave a comment