Hanoi – weer eens
Die drie verrassings van Hanoi:
1.Santa Clause is n Super Hero en die ma s en pa s trek hulle kindertjies aan in Santa Clause klere voor hulle vir die Sunday ride gaan op hulle skoeters.
2.Honde is troeteldiere en word nie op hulle daily walks deur die Chef s Society opgetel vir vanaand se aandete nie.
3.Jy kan geblinddoek oor die straat stap en niemand gaan jou raakry nie, almal sal rondom jou ry (terwyl jy stap).
En Saterdag is Troudag. Ons het rondom Hoan Kiem se meer ten minste 3 troupaartjies gesien fotos neem. Blykbaar is daar sekere tye van die maand wanneer dit gelukkig geag word om te trou, die dat hulle op dieselfde dag in hulle cream rokkies en swart pakke vir fotos poseer.
My beste souvenir kopie was na n verkeerde draai in die skoeter werkswinkel distrik, rye en rye motorfietshelms om van te kies. Natuurlik het die Private Ryan helm (soos Ane dit gedoop het) my oog dadelik gevang. Die transaksie is beklink (sonder afslag, dis n working model) en nou deel hy die onderste kompartement van die backpack met die slaapsak.
Leave a comment