HANOI

Ons word nie meer baie vir ‘n ride gevat nie, maar gister op die lughawe was dit nou letterlik en figuurlik ons beurt gewees. Die vasgestelde taxi prys na die stad is USD15, maar ons taxi sit toe sy meter aan en ons moes USD50 opdok. Om belediging by die besering te voeg laai hy ons 3 blokke van die hotel af. Agterna vind ons uit hoekom, die hotelportiere vat nie nonsens van taxis nie.

Hanoi se strate is oorweldigend, nog nooit het ek so baie skoeters en so min padtekens of robotte gesien nie. Die verkeer vloei onophoudelik, en as jy n straat wil oorsteek, loop jy eenvoudig net oor. Al die skoeters en karre ry net stadiger en rondom jou. Moet net nie in die middel van die straat stop nie, dan is daar chaos…

Al ons hotelle het blykbaar internet (en dis gratis) dus behoort ek gereeld ietsie te kan update. Behalwe môre-oggend. Vanaand 11 uur klim ons op die Reunification Express vir n 12 uur rit na Hue. En ons is gewaarsku om maar die slaapsakke te gebruik.

2 Comments

  1. Charles:

    Dit klink opwindend. Julle moet dit baie geniet! En toemaar, ons almal is al vir ‘n ride in ‘n taxi gevat!

  2. Charles:

    Julle moet julle Kersfees geniet daar anderkant. Groete.

Leave a comment