CS Potgooi #159 – Bouef Bourginon

Hoe om ‘n Julia Childs Franse gereg te maak

6 Comments

  1. Rustig:

    Ek hoop jy het die kalfshoef in gesit tydens die kook proses in die oond. Dit help om die “stew” dikker te maak. “Button onions” moet jy so lekker heel hou en karamaliseer en dan net voor bediening insit. Nie wildsvleis “fan” nie, maar ek het dit al met wildsvleis gedoen en was nogal groot “hit” al moet ek self so sê.

  2. janie:

    Dit klik vir my na die Italiaanse Ossobuco wat jy gemaak het. Die hoof bestandele is wortels, uie, rooiwyn en dan die groot been met die gat in.

    Lekker geluister dankie!!

  3. Gogga:

    Lekker honger is ek nou, Ek moet nou eers die spoeg van my keyboard afvee.
    As ek vir jou kom kuier moet jy ook sulke lekker kos maak.

    Toe ons UP (die nuwe Pixar animasie) gaan kyk het was die honde in dit ook baie snaaks geweees.

  4. cybersakkie:

    Janie, jy bevestig wat my vrou al lank sê, en dis dat die Frase verniet so snobbish oor hulle kos is. Meer as een land het dieselfde bestandele in hulle eie geregte. Die Ossobuco is dieslefde, dalk net minder vleis as die Bouef Bourginon.

    En Rustig, dankie vir die tips, met die tweede probeerslag sal ek definitief die been insit, my sous was nogal bietjie aan die dun kant.

    Gogga, ek gaan daai fliek definitief op my vakansielys sit.

  5. Johan de Vries:

    Nou ek het n voorstel, vat die vleis, sit dit eenkant, gooi die groente weg, sit die onions terug in die kas, pak hout op die braai, sit die vleis op, drink n paar laaaang glase wyne, braai die vleis – en dis nou n ete ……

    Plaas dat jy kyk vir brille en al daai goed in Thailand, en ek hoop ons gaan n travel potgooi of 2 kry van daar af. Laat my dink aan julle laste vakansie toe jy vertel het van hoe jy elke oggend 5uur op was ….

  6. Rustig:

    Sakkie: As jy regtig van kosmaak hou en ook so bietjie die geskiedenis agter die gereg en bestandele, dan stel ek voor jy koop die boek La Rousse Gastronomique. (spelling) Nie goedkoop nie, maar ongelooflik. Al wat jy nodig het in jou resepte kas. Dink jy behoort dit te kry in Exclusive Books.

Leave a comment