CS Reis – Ponta D’Ouro

Ons langnaweek by Ponta D’Ouro in Mosambiek

Los gerus jou kommentaar hieronder…
Lengte: 22:04
Grootte: 22MB
Direkte aflaai
RSS Feed

2 Comments

  1. Johan de Vries:

    Lekekr geluister aan die potgooi.

    Wys jou een ding, jy kan maar n hoe windgat bakkie / 4×4 he, maar al wat jy regtig nodig het in n taxi (of n suzuki !!)

    As ek so na jou potgooi luister, maak jy my baie Africasick (let wel nie homesick nie, want ek is by die huis) Nog n ding, die vroeg opstaan – dit is dieselfde met my – as ek op vakansie gaan, kan ek amper nie vroeg genoeg opstaan nie. Die res le nog, dan roer en woel ek (nou nie heeltemal 4am nie !)

    Ek sien myself so in my geestesoog so teen die see sit, bier in die hand, klein (drink) vuurtjie wat brand hier aan die kant.

    Hopelik een van die dae kan ek weer in Africa uitslaan ……

  2. cybersakkie:

    Johan, ek het jou PSA (http://devries-inter.net/blog/?p=161)blogpost gelees saam met jou comment, en dit het my laat dink…

    Burgerskap is om in die land waar jy bly belasting te betaal, elektrisiteit en water te gebruik en te stem. Maar as die United Nations ‘n wêreldburgerskap paspoort aanbied, sal ek die eerste een wees om daarvoor aansoek te doen.

    Want ek voel myself netso tuis in NYC as in Joburg (jammerlik was ek nog nie in London vandat ek verstand gehad het nie, maar dalk sal ek daar of in Amsterdam ewe tuis wees).

    Want Ponta Do Ouro is nie eers SA nie, maar ek kan daar ook ‘n vuurtjie maak en duik en myself wees.

    Amper soos die dolfyne in Ponta, jy kry hulle in die Engelse Kanaal, Florida en waar nog ook. Sonder grense.

Leave a comment