Archive for October 2009
CS Potgooi #153 – Musiek en Modelle
Laurinda Hofmeyr by Aardklop
Abdullah Ibrahim in die Linder ouditorium
Franse Photoshop waarskuwing
Powerpress v Podpress
Deur die loop van die dag het ek gisteraand se potgooi.co.za skakels wat gisteraand opgelaai is gaan toets. Met dié kom ek agter dat die podpress player nie meer werk nie. Moenie my vra hoekom nie, maar ‘n soektog op die internet het aan die lig gebring dat podpress baie ongereeld opdateer word. Daar is ook baie aanpasbaarheidprobleme met nuwer weergawes van WordPress.
In ‘n paar gebruikerforums is Blbrry Powerpress aanbeveel, en ek het besluit om dit op die proef te stel. Ek is baie beïndruk! Die wordpress data invoer paneel is baie eenvoudiger , maar die beste van alles is dat dit werk. Daar is ook metodes om jou podpress episodes in te voer na powerpress, maar omdat ek eers onlangs begin het om podpress te gebruik, was dit nie nodig nie, en het ek dit nie uitprobeer nie.
Dis baie maklik om powerpress te installeer. As jy op die nuutste weergawe van wordpress is, gaan bloot na plugins en add new. Soek vir powerpress en volg die instruksies. Ek beveel dit aan.
